Moyane in hof in stryd om pos
Moyane in hof in stryd om pos

Moyane in hof in stryd om pos

Elvira Wood - Dinsdag is D-dag vir Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Moyane se aansoek om 'n dringende interdik om hom wéér in sy pos aan te stel, word in die hooggeregshof in Pretoria gehoor.

Pres. Cyril Ramaphosa het Moyane op 1 November afgedank nadat die Nugent-kommissie van ondersoek in sy tussentydse verslag die president ten sterkste aangeraai het om dit so gou moontlik te doen.

Moyane se argument is dat die ­kommissie se verslag nie wettig is nie en dat die president hom dus nie kon afdank nie.

Afgetrede regter Robert Nugent, wat aan die hoof van dié kommissie staan, sê weer hulle het net 'n aanbeveling gemaak en dat dit Ramaphosa se reg as president is om te besluit of hy Moyane wou afdank of nie.

Albei sê Moyane se motivering vir sy aansoek is “in sy eie belang”.

Ramaphosa sê in sy beëdigde verklaring wat hy in antwoord op Moyane se aansoek ingedien het, die enigste ­nasionale belang ten opsigte van Moyane se toekoms by die SAID is dat hy uit sy pos verwyder word.

Ramaphosa sê Moyane kon ook nie bewys hoekom hy weer aangestel moet word nie. Hy sê Moyane se ­bewering dat sy heraanstelling ­diskresionêr is, is holruggery.

Moyane vra ook dat die hof Rama­phosa verbied om 'n nuwe kommissaris aan te stel en selfs die pos te adverteer. Ramaphosa sê in die lig daarvan dat Moyane reeds afgedank is, kan hy nie aansoek doen om 'n interdik dat 'n nuwe kommissaris aangestel word nie.

Mark Kingon neem tans waar as kommissaris by die SAID.

Konstitusionele hof

Die konstitusionele hof het op 21 November Moyane se aansoek dat die bedrywighede van die Nugent-kommissie van ondersoek onwettig verklaar word, van die hand gewys.

Die hof sê Moyane het nie ander kanale wat tot sy beskikking was gebruik voordat hy die konstitusionele hof genader het nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!