Moyane dreig Cyril: Stel my weer aan!
Moyane dreig Cyril: Stel my weer aan!

Moyane dreig Cyril: Stel my weer aan!

Die afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wil hê die hof moet bevind die president se optrede was irrasioneel, onwettig en ongeldig.
Marelise Van Der Merwe en Elvira Wood – Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), sê pres. Cyril Ramaphosa het tot Vrydag om 12:00 om hom weer in sy pos aan te stel.

Ramaphosa het Moyane op 1 November afgedank.

Dit volg nadat die Nugent-kommissie van ondersoek in sy tussentydse verslag wat aan die president gestuur is, aanbeveel die president moet onmiddellik van Moyane ontslae raak.

Moyane sê in ’n brief aan die president dat as hy hom nie weer aanstel nie sal sy regspan “’n dringende aansoek by die hof indien”.

Moyane was voor hy afgedank is geskors maar het steeds sy volle salaris verdien. Hy wil hê hy moet ten minste weer in dié pos wees tot ná die konstitusionele hof besluit het hoe regverdig die Nugent-kommissie van ondersoek is.

Moyane wil hê die hof moet bevind dat die president se optrede – om hom summier af te dank – irrasioneel, onwettig en ongeldig is.

Hy wil hê die hof moet ’n interdik uitreik om Ramaphosa te keer om enige aanbevelings deur die Nugent-kommissie deur te voer.

“Ons is aangesê om aan te dring dat jy jou brief gedateer 1 November 2018 waarin jy ons kliënt afdank moet terugtrek en die status quo wat betref ons kliënt in ere moet herstel (dat hy geskors is met volle betaling in afwagting van die uitslag van die dissiplinêre ondersoek) en dat jy vir die bevinding van die saak wat by die konstitusionele hof ingedien is en/of die tugverhoor moet wag,” lui die brief.

Nugent-kommissie

In die brief gedateer 5 November, sê Moyane se regspan dat die Nugent-kommissie sy mandaat oorskry het deur aan te beveel dat Moyane afgedank word, én dat Ramaphosa nie gehoor moes gee hieraan nie.

Die span val ook Ramaphosa se argument in hofstukke aan wat sê Moyane se versoek aan die konstitusionele hof is nou nie meer relevant nie aangesien hy Moyane nou afgedank het.

Moyane se prokureurs sê Ramaphosa se argument is “krities, onlogies en irrasioneel”.

Moyane se prokureurs sê ook Ramaphosa het sy beëdigde verklaring in antwoord op dié van Moyane in ’n “wonderbaarlike tien minute na ons [Moyane se prokureurs] die brief waarin hy afgedank word ontvang het”.

“Dit is dus duidelik dat die verklaring van 93 bladsye dus lank voor daar besluit is om Moyane op 1 November af te dank, voorberei is.”

Moyane se prokureurs sê Ramaphosa het dus lank reeds geweet hy gaan hul kliënt afdank en dat sy argument dat Moyane se saak by die konstitusionele hof nie meer water dra omdat hy afgedank is, sin maak nie.

Hulle argumenteer die regte proses is duidelik nie gevolg nie.

“Slegs ’n persoon wat opsetlik blind is kan sulke blatante verduistering miskyk,” skryf die prokureurs in die brief.

Die brief beweer dat Ramaphosa nie enige van Moyane se argumente wat hy in sy brief gedateer 26 Oktober noem in ag geneem het nie.

Moyane se prokureurs dring daarop aan dat die Nugent-kommissie se verwysingsraamwerk hom nie in staat stel om aanbevelings gedurende die proses te maak nie of “om aanbevelings te maak wat buite sy mandaat val nie”.

“Jy het nie die reg om sulke aanbevelings wat nie wettig bestaan te aanvaar soos wat jy beweer jy het nie,” skryf hulle aan Ramaphosa.

Hulle sê dat Moyane se aansoek by die konstitusionele hof slegs as onsinnig oorweeg kan word indien die SAID-kommissie wettig en behoorlik saamgestel is, dit wil sê nie bevooroordeeld of waar daar konflik van belange is nie; het binne sy opdragte opgetree; het ’n “behoorlike ondersoek; en het “dienooreenkomstig wetlik volhoubare aanbevelings op grond van sulke geldige bevindinge gemaak,” beweer die brief.

“Jy [Ramaphosa] het nietemin besluit om [Moyane se indiensneming] te beëindig terwyl jy ten volle daarvan bewus is dat die hof nog uitspraak oor hierdie kwessies moet gee.”

Hulle beweer Moyane is geregtig om steeds in sy pos aangestel te wees tot hy “volgens wet” verwyder word.

Die presidensie wou nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Nugent

Afgetrede regter Robert Nugent, voorsitter van die kommissie, het in die laaste openbare sittings van die kommissie in Pretoria gesê die kommissie staan by sy bevindinge.

“Wat ons betref, moet die huidige kommissaris so gou moontlik uit sy pos verwyder word en ’n nuwe kommissaris aangestel word sodat ons sekerheid kan kry en vorentoe kan begin beweeg.

“Dit is die president se voorreg om te besluit of hy dit gaan doen, al dan nie,” het Nugent toe gesê.

“Bespreek dit as jy wil, maar dit is ons siening en ons gaan daarby hou. Ons gaan dit nié in die finale verslag verander nie

– Fin24, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.60/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0036 | Platinum US$ 929.85/OZ DOWN -0.0068 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.60/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0036 | Platinum US$ 929.85/OZ DOWN -0.0068