Motorbedrogspul uit die tronk georkestreer
Motorbedrogspul uit die tronk georkestreer

Motorbedrogspul uit die tronk georkestreer

Polisieoffisier betrokke in uitvoering van misdaad
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Uitspraak is verlede week in die hoërhof gelewer in ’n saak wat die regter beskryf as ’n skema wat in die flieks hoort.

Regter Thomas Masuku het Vrydag in sy uitspraak in ’n bedrogsaak ’n beroep op die inspekteur-generaal van die polisie en die bestuur van Bank Windhoek gedoen om die omstandighede van ’n motorbedrogskema waarin mnr. Stanley Stoffberg betrokke was, te ondersoek en ’n verslag binne drie maande aan die registrateur van die hof beskikbaar te maak.

Die saak wat aanleiding gegee het tot die eis van mnr. Sakkie Nangolo teen mnr. Stanley Stoffberg, het sy oorsprong in die gevangenis.

Nangolo het op ’n advertensie in ’n koerant vir ’n voertuig wat vir N$160 000 te koop aangebied is, gereageer en ’n bedrag van N$81 000, saamgestel uit ’n deposito van N$80 000 en N$1 000 vir petrol, in Stoffberg se bankrekening inbetaal.

Nangolo wou die voertuig eers besigtig voordat hy die koopprys betaal, maar Stoffberg het op betaling aangedring omdat daar glo baie ander belangstellendes was.

Nangola het in die hof getuig nadat hy die geld in Stoffberg se rekening inbetaal het, dit binne ’n kwessie van ure van sy rekening gedebiteer was. Die eiser sou die voertuig op 19 Desember 2013 by ’n vulstasie in Windhoek van Stoffberg ontvang. Nangola het vir ure gewag sonder dat die voertuig opgedaag het. Hy het verskeie kere die man wat die reëling vir die oorhandiging van die voertuig met hom getref het probeer bel, sonder enige sukses. Die volgende dag het hy ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.

Tydens die verhoor het Stoffberg getuig dat ’n ander gevangene by name Joel Tjombe en ’n polisiebeampte bekend as Kalefa en ene Friederich Olenga die N$81 000 aan hulself toegeëien het. Hy is deur Tjombe versoek om sy bankrekeningbesonderhede te verskaf sodat Tjombe se borgtogaansoek geld daarin betaal kon word.

Hy het getuig dat hy eers later uit ’n gesprek afgelei het dat die geld eintlik betrekking gehad het op ’n gesteelde motorvoertuig.

Op hierdie punt het die verhaal eienaardige wendings ingeslaan. ’n Polisiebeampte het Tjombe en Stoffberg uit polisieaanhouding geneem en na Stoffberg se woning vervoer om sy identiteitsdokument en bankkaart te haal. Daarna is die trio na Bank Windhoek in ’n inkoopsentrum waar Stoffberg die deposito uit sy bankrekening onttrek het en die geld aan Tjombe oorhandig het, wat op sy beurt N$5 000 aan die polisiebeampte oorhandig het.

Hulle is toe na Nampost waar ’n bedrag van N$35 000 in ’n onbekende bankrekening gedeponeer is. Stoffberg het glo ’n bedrag tussen N$5 000 en N$6 000 ontvang wat hy aan ’n vriendin gegee het. Stoffberg het tydens die verhoor getuig dat hy deur Tjombe en Olenga gedreig is en om daardie rede aan die bedrog meegedoen het.

Die regter het egter geen genade aan Stoffberg betoon nie. Hy het gesê Stoffberg het geweet het dat die geld in sy rekening “besmet met onwettigheid was”. Hy het dus beveel dat die Stoffberg die bedrag van N$81 000 plus rente teen ’n koers van 20% per jaar vanaf die datum van die uitspraak tot datum van betaling deur hom aan Nangolo betaal word.

Masuku het ook sy kommer uitgespreek dat die onttrekking van so ’n groot bedrag op een keer nie enige vrae by die bank oor die oorsprong of die rede vir die eenmalige onttrekking ontlok het nie.

Hy het verder genoem dat dit “’n mens se ruggraat met rillings vul” dat ’n persoon polisieselle kan verlaat, na ’n bank gaan, ’n groot bedrag geld trek en dan onder polisiebewaking kan terugkeer.

Nangolo is deur prokureur Kadhila Amoomo verteenwoordig en Stoffberg deur mnr. James Diedericks.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!