Mostert-sage verdiep
Mostert-sage verdiep

Mostert-sage verdiep

Die omstredenheid rondom mnr. Rooies Mostert neem toe met verdere strafklagte wat aan die lig kom.
Denver Kisting
Denver Kisting - Die net span al hoe nouer om die oudlanddros mnr. Rooies Mostert.

Republikein kan vandag onthul dat 'n aanbeveling aan die kantoor van die aanklaer-generaal (AG) gemaak is waarkragtens Mostert weens beweerde korrupsie vervolg moet word.

Advokaat Erna van der Merwe, die adjunkdirekteur van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), het gister­oggend bevestig dié waghond het klagte ondersoek wat met die beweerde korrupte toekenning van verblyfpermitte verband hou.

Volgens haar is die dossier reeds aan die AG se kantoor vir 'n beslissing oorhandig.

Die ander vier verdagtes is na wat verneem word beamptes verbonde aan die ministerie van binnelandse sake en immigrasie.

Uit Prins Albert in die Wes-Kaap in Suid-Afrika het daar die afgelope week 'n verhaal ontvou waarin Mostert glo 'n kernrol vertolk.

Mnr. Danie Pieterse voer uit die buurland aan Mostert het hom met tussen N$350 000 en N$400 000 ingeloop.

Die aantyging lui dat Mostert glo vir Pieterse, sy vrou, sy bejaarde ouers en twee susters belowe het hy sou hulle help om Namibiese burger­skap te verwerf.

In ruil daarvoor moes Pieterse na bewering geld in staatsprojekte belê.

Aanvanklik is N$250 000 glo direk in Mostert se bankrekening betaal om die proses vir die verwerking van hul verblyfpermitte van stapel te stuur.

In reaksie op Pieterse se agterdog oor die reusebedrae geld wat ter sprake was, het Mostert glo gesê “ons moet hom maar net vertrou”, sê Pieterse.

Later moes Pieterse glo selfs geld vir vliegkaartjies vir Mostert opdok om sakegeleenthede in Suid-Afrika te ontgin. “Dit was elke keer 'n ander storie.”

Einde ten laaste het Pieterse en sy gesin, behalwe sy susters, toe hul verblyfdokumente gekry, vertel hy. Ondanks die feit dat hulle oorspronk­like dokumente hul geboorteplekke as plekke in Suid-Afrika weerspieël, het hul Namibiese paspoorte en identiteitsdokumente glo getoon hulle is op plekke in Namibië gebore.

Die susters moes toe glo volgens Mostert N$90 000 se “boete” opdok omdat hulle nie betyds van tersaaklike dokumente voorsien kon word nie, beweer Pieterse. Dié geld is glo ook regstreeks in Mostert se rekening gedeponeer.

Pieterse gee toe dat hulle waar­skynlik naïef gehandel het, maar sê Mostert is vanweë sy regsagtergrond as geloofwaardig beskou. “Ons het hom vertrou.”

Die man voer voorts aan Mostert het dikwels wanneer hulle hom probeer bereik het, gesê hy is vasgevang in vergaderings met hoëlui soos ministers. “Op die ou end het ons besef dié goed is nie wettig nie.”

In 2016 het hulle besluit om hulle tot die ACC te wend.

Tussen daardie tydperk en Julie verlede jaar toe hulle uiteindelik landuit is, het 'n nagmerrie die Pieterses getref.

Nadat hulle inderhaas hul plaas naby Keetmanshoop in die mark gesit het sodat hulle die land kon verlaat, het die polisie toegeslaan en hom, sy vrou en sy pa, wat in daardie stadium 92 jaar oud was, in hegtenis geneem. “My ma is toe net 'n maand vantevore oorlede.”

Hulle het volgens Pieterse 'n aand in aanhouding deurgebring voordat hulle op borgtog vrygelaat is.

In Julie 2017 is Pieterse-hulle toe weg nadat hulle 'n pleit­ooreenkoms met die staat moes sluit om “sonder 'n rekord” te mag terugkeer Suid-Afrika toe, sê hy.

Volgens hom het hulle nog geen woord van die ACC gehoor sedert hulle die saak teen Mostert aan­hangig gemaak het nie. “Hy't ons hele lewe opgemors.”



NóG AANTYGINGS

Intussen beweer 'n inwoner van Gobabis Mostert het hóm ook met nagenoeg N$400 000 ingeloop.

Volgens dié persoon hou dit verband met 'n grondooreenkoms wat skeefgeloop het.

Mostert het glo 'n 49%-aandeel in 'n stuk grond by dié Omahekedorp aan hom verkoop en sonder toestemming weer onder sy neus verkoop. Dié grond is glo dieselfde een wat aan mnr. Hennie Schreuder van Brakwater verkoop is.

Schreuder het vroeër vanjaar bedrogklagte ten bedrae van N$1,5 miljoen by die polisie teen Mostert ingedien.

Die grond, waarop sake-eenhede glo opgerig sou word, beslaan 3,6575 hektaar.

BEDROGKLAG

Schreuder en Mostert het ooreengekom dat Schreuder N$1,5 miljoen sou stort in wat 'n beslote korporasie (BK) tussen die twee mans sou word.

Mostert het verlede week uit Suid-­Afrika erken hy het die geld ontvang. Maar, sê hy, Schreuder het sy deel van die belegging ingevolge 'n kontrak­tuele klousule verbeur. Dít, voer hy aan, is omdat Schreuder nie betyds die eiendom laat registreer het nie.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het verlede week die N$1,5 miljoen-bedrogklag teen Mostert bevestig.

Mostert het gister by navraag via Whats­App gesê die jongste bewerings teen hom is onwaar. “Ek is by dokter (sic). Sal bewyse vir jou aanstuur voor Maandag,” was sy boodskap aan die koerant.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.38/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.52/lb UP +2.00% | Zinc US$ 2 887.00/T UP 2.87% | Brent Crude Oil US$ 88.24/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 901.71/OZ DOWN -0.0005 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.38/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.52/lb UP +2.00% | Zinc US$ 2 887.00/T UP 2.87% | Brent Crude Oil US$ 88.24/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 901.71/OZ DOWN -0.0005