Mosie van wantroue: 'High Noon' vir Zuma
Pres. Jacob Zuma, wat sedert 2009 aan die stuur van sake in Suid-Afrika is, sukkel sedert hy aan bewind gekom het om van beskuldigings van korrupsie en die wanbestuur van die ekonomie af weg te kom.
“Jacob Zuma het die nasie op sy knieë gebring,” het die amptelike opposisieparty, die Demokratiese Alliansie (DA), wat 'n mosie van wantroue na die parlement gebring het, in 'n verklaring gesê. Die speaker in die Suid-Afrikaanse parlement, Baleka Mbete, het Maandag beslis dat die stemmery oor die mosie van wantroue in die geheim sal plaasvind, iets wat die opposisie hoop ANC-lede, wat ongelukkig met Zuma is, die moed sou gee om teen hom te stem.
Die ANC het 249 setels in die 400-setel Nasionale Vergadering en die opposisie beheer 151 setels. Gevolglik sal 50 ANC wetgewers die opposisie se mosie om van Zuma en sy kabinet ontslae te raak, moet steun vir die mosie om te slaag.
Die party, wat Suid-Afrika sedert 1994 regeer, is diep verdeeld en verskeie ANC-wetgewers het al openlik vir Zuma gekritiseer.
Die hoofsweep van die ANC, Jackson Mthembu, was gister voor die parlementêre sitting egter vol vertroue dat die party Zuma sou steun.
In die strate van Kaapstad het betogers paaie met brandende buitebande as teken van hul opposisie teen Zuma geblokkeer.
Ná die aankondiging van die geheime stem het internasionale geldmarkte positief gereageer met die rand, effekte en bankaandele wat 'n oplewing getoon het met die vooruitsig dat Zuma uit die kussings gelig kon word. Gister was markte senuweeagtig.
Zuma het beleggers die harnas ingejaag, veral oor die afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies in Maart. Die land se kredietgradering is deur twee kredietgraderingsagentskappe afwaarts tot rommelstatus aangepas, werkloosheid is op 'n 14 jaar hoogtepunt van 27,7% en die ekonomie verkeer in 'n resessie.
Koerantopskrifte in Suid-Afrika het die belangrikheid van die mosie van wantroue weerspieël: “JZ's moment of truth” het The Star berig met The Sowetan wat verklaar het: “High Noon for Zuma”.
Zuma se termyn as staatshoof strek tot 2019, wanneer nasionale verkiesings gehou word.
Hy het in die verlede reeds agt wantroue-mosies oorleef, danksy die lojaliteit van ANC-wetgewers. Die stemmery was egter nie in die geheim nie.
Indien die mosie slaag, sal Zuma as president verwyder word, maar aanbly as ANC-president totdat die party in Desember 'n nuwe leier aanwys.
As Zuma gedwing word om uit te tree, neem die speaker by hom oor. Die Nasionale Vergadering het dan 30 dae om 'n nuwe nasionale leier aan te wys. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie