Mosambiek:  Reu00ebn belemmerhulpverlening
Mosambiek: Reu00ebn belemmerhulpverlening

Mosambiek: Reën belemmerhulpverlening

Aanhoudende reën belemmer hulpverlening aan vloedslag­offers in Mosambiek.
Hulpverlening is Dinsdag vir die derde dag agtereenvolgens in die wiele gery toe nog stort­reën oor die noordelike gebied van Mosambiek uitgesak en die hawestad Pemba opnuut oorstroom het.

Volgens berigte word verwag riviere sal teen vandag in vloed wees.

Die tropiese sikloon Kenneth het die Cabo Delgado-provinsie verlede Donderdagaand getref en die strate van Pemba in riviere verander en 'n grondstorting veroorsaak.

Volgens die regering is 41 mense se lewens weens die sikloon geëis, berig AP.

Die aanhoudende reën het hulpverlening vir die derde agtereenvolgende dag onmoontlik gemaak en sommige van die gemeenskappe wat die swaarste getref is, is afgesny en het baie beperkte voorraad.

Volgens Deborah Nguyen, woordvoerder van die World Food Pro­gramme (WFP), is hulle op bystand en wag dat die weer verbeter om na die Ibo-eiland te vlieg.

“Ons is werklik bekommerd oor die situasie op Ibo-eiland,” het sy gesê. Die mense is dakloos, want die meeste van die huise is verwoes en hulle het beperkte kosvoorraad.

“Vir ons is dit 'n frustrerende dag. Daar is nie veel wat ons nou kan doen om die eilande te bereik nie.”

'n Verdere 30 mm tot 50 mm reën is Dinsdag vir die volgende 24 uur in gebiede in Cabo Delgado en die Nampula-provinsie, verder suid, voorspel. Dit is heelwat minder as in die vorige dae. Meer as 570 mm reën het reeds in Pemba geval.

'n Woordvoerder van die Verenigde Nasies het foto's op Twitter gelaai wat dele van die stad wys wat steeds oorstroom is.

Terwyl die reën Dinsdagoggend vir 'n rukkie opgehou het, kon voorraad deur sommige hulpvlugte na die Quissanga-distrik en die Matemo-­eiland geneem word.

Die stortreën het Sondag ook 'n grondstorting op 'n stortingsterrein veroorsaak en minstens vyf mense het gesterf, het Florete Matarua, burge­meester van Pemba, aan STV, 'n plaaslike televisiekanaal, gesê.

Die mense was almal deel van dieselfde familie en verskeie ander huise is ook onder die modder begrawe, het STV berig.

Die dodetal sal na verwagting nog styg, aangesien regeringsbeamptes nog nie al die gebiede wat deur die storm getref is, kon bereik om vas te stel hoeveel mense gesterf het nie.

Kenneth se stormweer en winde van tot 280 km/h het verwoesting gesaai in nedersettings en op eilande oor 'n strook van 60 km aan die kus in die noorde van Mosambiek.

Die regering het gesê bykans 35 000 huise is heeltemal óf gedeeltelik vernietig, terwyl infrastruktuur en gewasse ook verwoes is.

Die nasionale direktoraat van water­hulpbronbestuur het gesê sedert Kenneth die land getref het, het die Megaruma-rivier oorstroom, wat vloede in die distrik van Mecufi, suid van Pemba, en vyf nedersettings veroorsaak het.

Die watervlakke van verskeie riviere in die noorde is steeds besig om te styg. Ontleders, wat in opdrag van Brittanje se departement van internasionale ontwikkeling werk, raam dat die riviere tussen Dinsdag en Donderdag die hoogste vloedvlakke sal haal.

Voorlopige ramings van die Mosambiek­se regering dui daarop dat 31 000 ha gewasse vernietig is in 'n gebied wat weens voedsel­tekorte reeds kwesbaar is. Visserye en ander belangrike koshulpbronne soos kokos­bome is ook getref.

“Die beskikbaarheid van kos op kort, medium en lang termyn is kommerwekkend,” het Herve Verhoosel, 'n senior WFP-woordvoerder, in Genève gesê.

Kenneth volg net ses weke ná sikloon Idai, wat onder meer die Mosambiekse hawestad Beira, verder suid, in puin gelê en die dood van meer as 1 000 mense in Mosambiek, Zimbabwe en Malawi veroorsaak het.

– Netwerk24/Reuters/AP

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!