Moratorium op hout opgehef

08 February 2019 | Ministeries
Die ministerie van landbou, water en bosbou het die moratorium opgehef op die vervoer van hout wat voor 26 November 2018 in die streke Kavango-Oos, Kavango-Wes en Zambezi gekap is.

Dit beteken die hout mag binne Namibië vervoer word, asook na oorsese lande uitgevoer word, het die uitvoerende direkteur van die ministerie, mnr. Percy Misika, Woensdag in 'n mediaverklaring gesê.

Die uitreik van bosboupermitte vir alle doeleindes is op 26 November 2018 gestaak. Sedertdien is alle permitte vir die oes, vervoer en uitvoer van hout gekanselleer, en geen nuwe permitte uitgereik nie.

"Die ministerie van die omgewing en toerisme het wel toestemming aan die ministerie van landbou, water en bosbou gegee om die moratorium op te hef op die vervoer van hout wat voor 26 November geoes of gekap is," het Misika gesê.

"Die moratorium op die oes van hout bly van krag en geen oespermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie," het hy gemaan.

Belanghebbendes moet kennis neem dat die vervoer- en uitvoerpermitte ingevolge die Bosbouwet van 2001 uitgereik sal word.

Soortgelyk

 

Windhoek klop waterteikens

6 ure gelede | Plaaslik

font face="Verdana" >Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar. Volgens me....

Kalahariwoestyn keer terug

6 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

6 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

6 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

6 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

6 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

6 ure gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

'Elke druppel tel'

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtAs alle babas onmiddellik ná geboorte direkte ­velkontak ontvang, vir ses maande uit­sluitlik geborsvoed word en tot op twee jaar bykomende voeding ontvang, sal...