Moordverdagte bly in aanhouding
Die vermeende moordenaar van ’n jong vrou wat in November dood by ’n bouterrein op Rehoboth aangetref is, het Dinsdag (17 Jan) sy vierde verskyning in dié dorp se landdroshof gemaak.
Eldrin Goliath (20) het voor landdros André Matulitch op klagte van moord en roof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoeke tot 7 Februarie uitgestel. Die polisieondersoek asook uitstaande nadoodse en laboratoriumverslae moet nog voltooi word. Verder is verklarings van drie getuies ook uitstaande.
Prokureur Nhinda Ndaudika het vir Goliath verteenwoordig en aanklaer Leonard Mateus het vir die staat opgetree. Goliath bly in aanhouding.
Die 17-jarige Camila Gabriela Steyn is tussen 01:00 en 05:00 op 6 November 2016 in die Blok B-woongebied in Rehoboth vermoor. Haar liggaam is in halfvoltooide gebou op ’n bouterrein gevind. Sy het krapmerke aan haar gesig en nek gehad en die vermoede is dat sy verwurg is. Die polisie se ondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie