Moorde oor die Kerstyd

Vier sterf op 25 Desember

04 January 2019 | Misdaad
Augetto Graig - Minstens tien mense is in die tydperk vanaf 21 Desember tot 1 Januarie vermoor, van wie vier op Kersdag.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslae het die Kersdagmoorde teen 04:00 begin met die dood van die 41-jarige mnr. Mingandja Sikunda. Hy is in die Sauyemwa-nedersetting op Rundu verskeie kere met 'n mes in die rug gesteek en het op die toneel gesterf. Die polisie doen ondersoek na 'n manlike verdagte, asook die oorsaak van die aanval.

'n Uur later is 'n man in Windhoek se Okahandja Park-nedersetting doodgesteek. In 'n straat sonder naam wat vanuit Julius Nyerere-straat afdraai, is die onbekende man van onbekende ouderdom met 'n meswond aan die linkerkant van sy nek, net onder die kakebeen, in 'n huisie gevind. Die polisie het op die toneel op 'n okapi-mes met bloedvlekke afgekom. Die 32-jarige verdagte het homself later aan die polisie oorgegee.

Om 20:30 op Kersdag is 'n 21-jarige man op die plaas Garib naby Dordabis doodgesteek.

Na bewering het hy saam met 'n ander man (ook 21) gedrink en later gestry oor of hulle moes terugkeer na ’n kroeg of nie. In die struweling het die verdagte die slagoffer glo met 'n mes in die linkerkant van sy bors gesteek. Die verdagte is in hegtenis geneem en die oorledene se familie in kennis gestel.

Om 23:00 is mnr. Jonas Ndakutonghoto (32), ook bekend as Benjamin, by die dorpie Okelemba in die Onhuno-gebied met 'n pistool in die bors geskiet. Dit word beweer Benjamin het as taxibestuurder vir die verdagte gewerk. Die verdagte het na sy huis toe gekom en die taxi se sleutel gevra. Toe die slagoffer weier om dit te oorhandig, het die taxi-eienaar glo 'n pistool uitgepluk en hom geskiet. Die verdagte het die slagoffer na die Engela-staatshospitaal geneem, waar hy gesterf het. Die verdagte is in hegtenis geneem en die oorledene se familie is ingelig.

'n Moord is om 19:20 op 28 Desember by die psigiatriese hospitaal in Windhoek gepleeg. Volgens die polisieverslag het ’n 29-jarige man die 30-jarige mnr. Hangura Hausiku, beide presidentspasiënte, met 'n pen in die nek gesteek. Die slagoffer het op die toneel gesterf. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Ander messteekmoorde oor die vakansietydperk sluit in dié op die 30-jarige mnr. Joseph Mulandji. Hy is omstreeks middernag op 21 Desember in die Mix-nedersetting buite Windhoek aangerand en is op 27 Desember in die Katutura-staatshospitaal aan sy wonde dood.

Op Nuwejaarsdag omstreeks 01:20 is mnr. Denzil Xamseb in 'n poel bloed in Windhoek se Damara-lokasie gevind. Hy het met sy aankoms by die Katutura-staatshospitaal aan die meswonde aan sy nek gesterf.

Vyf klagte van poging tot moord is ook in die tydperk aangemeld.

Dit sluit onder meer in ’n voorval omstreeks 01:00 op Kersdag op die plaas Spes Bona, sowat 30 km oos van Hochfeld. Mnr. Dawid Awala (45) is ernstig gewond toe ’n 30-jarige man hom in die kop en bors, asook aan die linkerkant van die nek gesteek het.

Ook op Kersdag, omstreeks 14:00, is mnr. Michael Noabeb (43) in die nek getref met 'n houtpyl geskiet met 'n houtboog. Noabeb is met 'n ernstige wond na die Usakos-staatshospitaal geneem en die 37-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Eis van miljoene ná miskraam

5 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

5 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

5 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

5 ure gelede | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

5 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...

Musieklegende se stem stil

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg - Die geliefde Suid-Afrikaanse musikant, Brian Finch (72), het Sondag sy maande lange stryd teen kanker verloor.Finch en sy vrou, Marion, woon al...

Padgebruik al duurder

5 ure gelede | Infrastruktuur

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Weer vir 21 Mei 2019

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mestal mooi weer en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar koud in die...

Kragverspreider gedagvaar

5 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Ma van Mondesa op Swakopmund dagvaar die Erongostreek se kragverspreider ná die dood van haar minderjarige dogter. Theonese Anthea Simon is...