Moordbeskuldigde ná maand ontslaan
Denver Kisting – Ná meer as ’n maand in die Katutura-staatshospitaal is die man wat glo ’n negejarige mede-Zimbabwiër in Windhoek doodgeslaan het, eindelik ontslaan.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, sê mnr. Edward Nkata is Dinsdagmiddag uit dié hospitaal ontslaan.
Hy is dae ná die grumoord op Akundaishe Chimpomho laat in Januarie vanjaar in ’n motorongeluk beseer.
Nkata en sy vrou, me. Caroline Nkata, het glo op die vlug geslaan toe hulle besef die polisie is op hul spoor.
Hulle is kort daarná in die Otjozondjupastreek vasgetrek.
Op pad terug Windhoek toe was Edward en die polisielede wat hom vervoer het, in ’n motorongeluk buite Otjiwarongo betrokke.
Sy vrou is met ’n ander vangwa vervoer.
Edward het onder meer rugbeserings opgedoen en kon ná die ongeluk glo nie loop of staan nie.
Akundaise is dood weens veelvoudige kopbeserings.
’n Afgetrede oudonderwyser het haar erg verbrande lyk in ’n munisipale drom ontdek.
Die meisie is vermoedelik tuis doodgeslaan waarná haar oorskot in ’n munisipale drom gegooi en aan die brand gesteek is.
Haar ma, me. Rachel Kureva, en Caroline Nkata, het reeds in die Windhoek-landdroshof op aanklag van moord, dwarsboming van die gereg en lykskending verskyn.
Die twee vroue en Edward maak na verwagting hul eerste gesamentlike verskyning op 17 April vanjaar.
Caroline het tydens haar en die meisie se ma se hofverskyning gebieg sy was teenwoordig toe haar man glo die kind doodgeslaan het.
Volgens haar moes sy hom daarná onder dwang vergesel om die lyk te gaan weggooi en toe brandstof gaan koop waarmee die lyk aan die brand gesteek is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie