Moordbeskuldigde (14) weg vir waarneming
Moordbeskuldigde (14) weg vir waarneming

Moordbeskuldigde (14) weg vir waarneming

'n Rehoboth-tiener staan tereg op aanklagte van verkragting, moord, lykskending en brandstigting.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die tiener (14) wat glo September vir me. Sarah Jagger (57) buite Rehoboth glo verkrag en vermoor het, is dié week vir psigiatriese evaluering gestuur.

Hy het Maandag voor landdros Kandiwapo Nangombe in die hof op Rehoboth verskyn.

Die staatsaanklaer, mnr. Victor Mutumbulwa, het die hof gevra om die saak tot 18 April uit te stel sodat hulle kan vasstel of die seun geskik is om verhoor te word.

Die tienerseun is Maandag deur mnr. Christopher Stanley, in opdrag van die regshulpdirektoraat, verteenwoordig.

Hy is sedert sy inhegtenisneming verlede jaar in aanhouding en word tans in ’n plek van veiligheid op die Hardapdorp gehuisves.

Hy staan tereg op aanklagte van verkragting, moord en lykskending.

Naas dié klagte staar ’n klag van brandstigting ook die tiener in die gesig.

Die polisie beweer die tiener het laat verlede jaar vir Jagger verkrag, haar doodgeslaan en toe haar regtervoet afgesny.

Sy het glo gereeld vir hom kos gegee.

Die seun het glo dae voor die moord ook twee plaashuise in die omgewing van Bahnhof buite Rehoboth afgebrand.

Jagger se lyk en voet is afsonderlik sowat een kilometer van mekaar in die omgewing ontdek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A