Moord en doodslag

30 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
MISDADE van geweld het die afgelope Kersseisoen in die meeste gemeenskappe van die land oorheers, met nie minder nie as 14 moordsake wat deur die polisie ondersoek word ná \'n orgie van geweld in die tydperk tussen 20 tot 27 Desember.
Net twee gevalle van gewapende roof en twee klagtes van verkragting is oor dieselfde tydperk aangemeld.
In die meeste gevalle is die slagoffers tydens \'n stryery met die een of ander skerp voorwerp gesteek en in een geval is \'n man met \'n pyl uit \'n boog doodgekiet.
Die eerste moord, wat in die polisie se misdaadbulletin vir die tydperk weergegee word, is op Kronlein by Keetmanshoop gepleeg toe die 50-jarige Anton Franklin Jansen met \'n mes doodgesteek is.
Die 30-jarige Kostantius Heita is Kersdag op pad Windhoek toe dood ná hy met \'n pyl uit \'n boog deurboor is. Die voorval het reeds die Maandag voor hy gesterf het in die Grootfontein-distrik plaasgevind.
Verlede Maandag is die 28-jarige Paulus Cloete op Tses met \'n mes doodgesteek.
In die Uukwandongo nedersetting naby Outapi in die noorde is die 22-jarige Shekupe Nakatse verskeie kere deur haar mansvriend met \'n mes gesteek. Sy het op Kersdag in die hospitaal op Oshakati aan haar wonde gesterf. Haar aanvaller is nog nie in hegtenis geneem nie.
Op Keetmanshoop is die 24-jarige Daniël Alfeus Tonateni op Oukersaand dood nadat hy deur \'n onbekende man met geweer geskiet is. Die verdagte in die saak is nie in hegtenis geneem nie.
Die 28-jarige Immanuel Kairi is op Groenpoortpos naby Khorixas op Oukersaand deur sy broer met \'n gebreekte bottel in die nek gesteek. Hy het op die toneel gesterf en sy broer is in hegtenis geneem.
Op dieselfde dag is die 75-jarige Gabriël Nehemia dood nadat hy ernstig deur sy seun aangerand is. Hy het op pad na die hospitaal op Oshakati gesterf. Hy is verkeie kere met \'n stomp voorwerp oor die kop geslaan. Die jonger Nehemia is in hegtenis geneem.
Op Kersdag is \'n man op die hoofpad tussen Oshikuku en Ogongo met \'n mes in \'n minibus doodgesteek. Ruben Roleca (26) en sy aanvaller was beide passasiers in die bussie toe die voorval plaasgevind het. Die verdagte in die saak verkeer nog op vrye voete.
Op Outapi het Laurentius Ruben (26) ernstige beserings opgedoen toe hy deur \'n onbekende man met \'n mes aangeval is en twee keer in die bors geteek is. Hy het later dieselfde dag aan sy wonde in die hospitaal op die dorp gesterf. Sy aanvaller het ontglip en word deur die polisie gesoek.
Drie moorde is op 26 Desember gepleeg.
Justino Canhona (18) het Donderdag in die Katutura hospitaal aan haar wonde beswyk nadat sy verskeie kere met \'n mes op die kop gesteek is. Haar aanvaller, die 17-jarige Nelson Haileka, is in verband met die saak in hegtenis geneem.
Die polisie het op dieselfde dag op die lyk van \'n onbekende man in Osler straat in Windhoek-wes afgekom. Hy het meswonde aan die bors gehad en die polisie-ondersoek duur voort.
Op Ombalantu het Fllipus Leevi Petrus (24) gesterf toe hy deur Andreas Iilonga (28) met \'n pistool geskiet is. Iilonga is kort na die voorval in hegtenis geneem en die pistool is deur die polisie gekonfiskeer.
Vrydag het die 27-jarige Tukondjele Matheus aan sy wonde in die hospitaal op Swakopmund gesterf nadat hy naby die Stop en Shop winkel deur \'n motoris voorgekeer is en drie keer met \'n mes gesteek is. Die man, Tulani George Mphaleni, het op die vlug geslaan in \'n wit Toyota Conquest met \'n Windhoek regsitrasienommer en die polisie vermoed dat hy moontlik na Suid-Afrika probeer gaan het. Dit is nie bekend of Mphaleni intussen in hegtenis geneem is nie.
\'n Saak van poging tot moord word deur die polisie op Osire ondersoek nadat \'n vlugteling van die kamp by die veepos op \'n nabygeleë plaas deur werkers in die agterstewe geskiet is. Domingo Alexander (37) het na bewering die plaas Osire Noord wederegtelik betree en strikke gestel om beeste te vang en duiwelsklou uit te grawe. Alexander het geweier om stil te staan na verskeie waarskuwingskote geskiet is en is uiteindelik in die regterboud gewond.

Soortgelyk

 

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

3 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

3 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

3 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

3 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

3 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Die weer Vrydag 21 Januarie 2022

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordooste met ’n paar buie in die Kavango, Otjozondjupa se ooste en die Omahekestreek; andersins gedeeltelik bewolk...

Hardap loop gou vol

3 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié Suidedam se sluise sou getrek moes word....

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

10 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

12 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...