Moontlike deurbraak

Verdagte skop vas

18 April 2019 | Misdaad
Denver Kisting



Die man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te werk.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie het 'n man op Karibib – nagenoeg 124 km noordoos van die moordtoneel – aangekeer.

Die man het glo deurgaans verseg om aan die ondervraging van die span onder leiding van adj.komm. Erastus Iikuyu, Erongo se koördineerder van misdaadondersoeke, deel te neem.

Hy het na verneem word op 'n prokureur aangedring.

'n Prokureur het gistermiddag by die man en die ondersoekspan aangesluit, lui Republikein se inligting.

Selfs pres. Hage Geingob het gister nadat hy die staatsrede in die Nasionale Vergadering (NV) gelewer het, gesê hy verneem “'n goed opgeleide mens” is weens die Arandis-­moorde aangekeer.

Maar, maan komm. Andreas Nelumbu, die bevelvoerder van die polisie in die Erongostreek, sy span was teen gisteraand nog besig om die man te ondervra.

Hy is in daardie stadium nog nie formeel in hegtenis geneem nie.

Nelumbu het opnuut gevra ­Namibiërs moet waardevolle inligting met die polisie deel in plaas daarvan om dit op sosialemediaplatforms te deel. “Ek wil nie graag bespiegel nie. Ons hardloop nog rond. Teen môre (vandag) sal ons óf iets konkreets hê óf absoluut niks nie.”

Hy het bevestig hoewel ander mense oor die moorde ondervra is, was net dié man gister in die polisie se visier.

Die man se naam is aan die koerant bekend, maar word weerhou omdat hy nie voor 'n hof gedaag is nie.

In 'n foto wat gister wyd in die sosiale media versprei is, wys die verdagte sy middelvingers vir 'n fotograaf. Dié foto is glo nie gister geneem nie.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, sedert gisteraand die waarnemende hoof van die polisie se skakelafdeling, sê die man is nie Walvisbaai toe vervoer soos aanvanklik berig is nie.

Republikein verneem uit on­berispelike oorde die verdagte is glo Maandag­oggend op Arandis op­gemerk waar hy met 'n OTM-­transaksie besig was.

Hy is vantevore met 'n magdom ­beweerde onwettige wapens en ammunisie verbind.

Mnre. Eckhart Mueller (72) en Heimo Hellwig (60) is Maandag­oggend koelbloedig op die Arandis-kampus van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt) doodgeskiet.

Kanguatjivi sê 'n Tsumeb-­inwoner, wat Dinsdagaand ook weens die ­slagtings ondervra is, is intussen ­vrygelaat.

Maandagoggend se nuus het skokgolwe deur die land gestuur en selfs Geingob het sy medelye met die naasbestaandes van die ontslape leiers in tegniese opleiding betuig.

Intussen het Mueller se familie bekend gemaak 'n gedenkdiens vir hom word 30 April in Mondesa op Swakopmund gehou terwyl daar later tydens 'n private geleentheid van hom afskeid geneem sal word.

Sy vrou, me. Gudrun Mueller, is sowat drie maande gelede oorlede.

Mnr. Richard Mueller, die Windhoekse prokureur en een van sy seuns, het Maandag gesê sy pa het net die vorige dag (Sondag) uit Kaapstad in Suid-Afrika teruggekeer van suster, ook Gudrun, se begrafnis.

Me. Gudrun Kitshoff is verlede week oorlede.

Hellwig se familie gaan na wat verneem word privaat van hom afskeid neem.

Die Namibiese Vervaardigers­vereniging (NMA) het die Arandis-treurspel gister skerp veroordeel en gesê hy verwerp hierdie “lafhartige daad van terreur”.

“Dit het geen plek in 'n beskaafde samelewing soos ons s'n nie,” sê die voorsitter, mnr. Brian Black.

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

6th of August 15:56 | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

15 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

15 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

15 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

15 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

15 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...