Moody’s waarsku: Begroting is slegte nuus
As Suid-Afrika afgegradeer word, kan tot $10 miljard landuit vloei omdat die land uit die wêreldindekse vir staatseffekte sal val.
Hanlie Stadler – Moody’s Investors Service, die laaste van die groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika op beleggingsgraad gradeer, beskou die begroting as slegte nuus vir Suid-Afrika se geldsake.
Lucie Villa, senior kredietbeampte en Moody’s se leidende ontleder vir Suid-Afrika, sê die begroting “beklemtoon die regering se beperkte fiskale buigsaamheid te midde van ’n uitdagende ekonomiese omgewing”.
“Die begroting wys ’n verdere verwering van fiskale krag nadat Oktober se mediumtermynbegrotingsraamwerk reeds gewys het groter begrotingstekorte gaan langer voortduur.”
Ville sê die regering se steun van R23 miljard per jaar oor die volgende drie jaar vir Eskom word net deels behaal deur besnoeiing aan ander uitgawes. Daarby is daar ’n groot “onderprestasie” met die invordering van belasting, wat die regering se fiskale tekorte en skuldvlakke laat styg het.
Die risiko’s wat staatsondernemings skep, duur voort.
Moody’s besluit op 29 Maart oor Suid-Afrika se kredietgradering.
As Moody’s die land afgradeer, kan tot $10 miljard landuit vloei omdat Suid-Afrika uit die wêreldindekse vir staatseffekte sal val. Dit sal die rand knou, inflasie opdruk en bes moontlik tot hoër rentekoerse lei.
Sommige ontleders verwag dat Moody’s in Maart net die vooruitsig vir staatskuld sal afgradeer tot negatief (van die huidige stabiel) en dan in November sal afgradeer.
Standard & Poor’s Global Ratings en Fitch Ratings het Suid-Afrika reeds op rommelstatus. Hulle het nog nie kommentaar gelewer op die begrotingsrede nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie