Moody’s verwag moeilike 2017 vir Afrika suid van die Sahara
Ekonomieë in Afrika suid van die Sahara word deur ’n moeilike 2017 in die gesig gestaar met die meeste van die lande in die streek wie se kredietwaardigheid in twyfel getrek gaan word.
Elvira Wood - Volgens ’n verslag van die kredietgraderingsagentskap Moody’s Investors Service is die vooruitsig negatief vir Afrikaland suid van die Sahara te midde van druk op likiditeit, lae groei en politieke risiko.
Volgens Moody’s is dié verslag nie ’n kredietgradering nie maar reflekteer dit sy “verwagtings vir die fundamentele kredietomstandighede wat soewereine krediet in hierdie streek die volgende 12 tot 18 maande sal aandryf”.
“Ekonomieë in Afrika suid van die Sahara gaan steeds likiditeitsdruk weens hulpbronne in 2017 beleef met herhalende fiskale tekorte te midde van uitdagende finansieringvoorwaardes,” sê Lucie Villa, senior ontleder by Moody’s en medeouteur van die verslag.
“Hierdie gaan belangrike kredietbeperkinge bly en ondersteun ons negatiewe vooruitsig.”
Moody’s het einde 2016 ’n derde van die streek se 19 lande met gemiddeld twee vlakke afgegradeer. Die kredietgraderingsagentskap het wêreldwyd 29 lande, oftewel 22% van die 134 wat hy gradeer, in 2016 afgegradeer.
Vyf van die sewe lande in Afrika suid van die Sahara wat in 2016 afgegradeer is, het negatiewe vooruitsigte op hul kredietgraderings wat Moody’s se vooruitsig van verdere afgraderings in 2017 sal ondersteun.
Volgens die verslag sal die negatiewe impak op likiditeit weens die olie- en hulpbronprysskok hoofsaaklik in Gaboen, Mosambiek, die Republiek van die Kongo en Zambië gevoel word. Angola en Nigerië sal ook tot ’n mindere mate daardeur beïnvloed word.
Moody’s verwag likiditeit in ander lande in die streek sal relatief stabiel bly.
Die meeste regerings in die streek het planne vir fiskale konsolidasie ingestel wat Moody’s glo ’n positiewe impak in 2017 kan hê.
’n Belangrike uitsondering is Botswana waar die regering met sy teensikliese beleid sal voortgaan.
Ware groei in die bruto binnelandse produk (BBP) vir lande in die streek wat gegradeer word, gaan na verwagting gemiddeld 3,5% wees in 2017. Dit is hoër as die 1,5% in 2016 maar gaan grootliks van land tot land verskil.
Moody’s sê lande wat afhanklik is van die uitvoer van hulpbronne sal beperkte ekonomiese aktiwiteit in 2017 ervaar. Stadige groei in Nigerië en Suid-Afrika sal ook glo die vooruitsig van die streek tot groot mate beïnvloed weens die grootte van hul ekonomie. Suid-Afrika en Namibië is gesamentlik verantwoordelik vir bykans twee derdes van die BBP van die 19 lande in die streek.
Volgens die verslag reken Moody’s albei lande se ekonomieë sal geleidelik begin herstel, maar groei sal steeds gedemp wees.
Die ligpunte in die streek is Etiopië, Kenia en Rwanda wat steeds gaan voordeel trek uit staatsbesteding en lae oliepryse.
Die verslag dui ook aan politieke risiko’s sal steeds kredietwaardigheid knou met moontlike openbare onrus in lande soos die Demokratiese Republiek van die Kongo en Rwanda waar presidentsverkiesings in 2017 en 2018 gaan plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie