Moody's verminder ook SA vooruitsig vir groei
Moody's verminder ook SA vooruitsig vir groei

Moody's verminder ook SA vooruitsig vir groei

Nellie Brand-Jonker - Die kredietgraderingsagent­skap Moody's het sy vooruit­skatting oor ekonomiese groei weer verlaag in 'n krediet­mening wat gister uitgereik is.

Dit is nie 'n kredietgraderingsbesluit nie, maar dit verduidelik Moody's se jongste siening oor faktore wat tot 'n verdere afgradering kan lei.

Moody's verwag nou die ekonomie gaan met 0,5% groei in 2017, vergeleke met 0,8% wat hy in Junie vanjaar verwag het en 1,1% in ­Januarie.

Hy verwag ook net groei van 1,2% vir 2018 vergeleke met 1,5% wat in Junie en 1,7% wat vroeër die jaar verwag is.

Sy vorige kredietmenings is in Junie en einde Januarie vanjaar uitgereik. Die aanslag op die onafhanklikheid van die Reserwebank word nou ook genoem as nog 'n rede tot kommer oor sy siening oor Suid-Afrikaanse instellings.

Die standvastigheid van Suid-­Afrika se instellings is een van die vier faktore waarop Moody's sy kredietgradering grond.

Moody's het in Junie sy siening oor Suid-Afrika se instellings van hoog na matig verlaag.

Van die vier faktore wat in sy kredietradering in ag geneem word, was net sy siening oor instellings voorheen hoog. Die ander faktore wat Moody's in ag neem, handel oor die ekonomie, fiskale gesondheid en die gevoeligheid vir risiko's.

“Onlangse gebeure, veral maar nie uitsluitlik die skielike kabinet­skommeling in Maart en die poging van die openbare be­skermer om die Reserwebank se mandaat te verander, illustreer die stelselmatige erosie van instellings,” word gesê.

“Die institusionele raamwerk het oor tyd minder deursigtig, effektief en voorspelbaar geword en beleidsbepalers se verbintenis tot die hervormingsdoelstellings wat voorheen uitgespreek is, is minder seker.”



­politieke spanning

In die lys van onlangse gebeure wat in die kredietmening genoem is wat sy graderingsbesluit kan ­beïnvloed, is kommer oor die ­politieke spanning binne die ANC van die nuwe gebeure waaroor Moody's hom bekommer. Nog een sluit in die onlangs reddingsboei wat vir SAA gegee is.

Moody's sê dit is onwaarskynlik dat 'n politieke konsensus in Suid-Afrika te voorskyn gaan kom wat investering in die ekonomie gaan ondersteun.

Zuzana Brixiova, David Kamran en ander ontleders van Moody's meen dit is meer waarskynlik dat politieke wanfunksionering, die voortgesette ­stelselmatige ver­swakking van instellings en minder duidelikheid oor ­beleidsdoelstellings die norm gaan wees. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!