Moodyu2019s maan oor swak sakevertroue
Moodyu2019s maan oor swak sakevertroue

Moody’s maan oor swak sakevertroue

Die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody’s sê dit voorspel niks goed vir Suid-Afrika se kredietgradering dat sakevertroue op die laagste vlak sedert 2009 is nie.
Moody’s het Maandagoggend ’n navorsingsnota oor die lae vlakke van sakevertroue in Suid-Afrika uitgereik.

Rand Merchant Bank (RMB) en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se sakevertroueindeks is verlede Woensdag uitgereik.

Die algehele indeks het in die tweede kwartaal met 11 punte geval nadat alle sektore wat gemeet word, gedaal het.

“Die daling in sakevertroue impliseer ’n daling in belegging, wat negatief vir Suid-Afrika se reeds swak ekonomiese groei gaan wees,” sê Zuzana Brixiova, senior ontleder van Moody’s. Dit gaan uiteindelik fiskale konsolidasie moeiliker maak.

Fiskale konsolidasie verwys na stappe om staatsbesteding te verminder en staatsinkomste te verhoog.

Brixiova sê die volgehoue lae vlakke van sakevertroue toon die voortgesette onsekerheid oor die ANC se leierskap en watter beleid ’n nuwe leier gaan prioritiseer.

“Beleggings gaan verder uitgestel word en daarmee saam ’n volhoubare herstel,” sê sy.

Met inagneming van inflasie, het sakebeleggings in 2016 met 3,9% gedaal. Dit is soortgelyk aan die daling gedurende die internasionale finansiële krisis.

“Ons verwag ten beste dat die beleggingskoers vanjaar gaan stagneer.”

Moody’s sê die val in sakevertroue kom ná die kabinetskommeling einde Maart omdat dit “gemengde tekens uitgestuur het oor die rigting en voorneme met beleid.

“Dit het die opkomende vennootskap tussen die regering, die sakesektor en arbeid ontwrig wat bedoel was om beleidstabiliteit en beleggings te ondersteun.”

Volgens Moody’s vertraag die regering steeds sekere belangrike strukturele hervormings.

“Die demper op beleggings gaan Suid-Afrika se swak ekonomie – wat reeds in ’n resessie is – negatief raak.”

Moody’s het reeds twee weke gelede sy vooruitsig vir ekonomiese groei afwaarts aangepas van 1,1% vir 2017 tot 0,8%. Die vooruitsig vir ekonomiese groei vir 2018 is van 1,7% tot 1,5% verlaag.

“As daar nie weer vertroue in beleid kom nie, gaan Suid-Afrika waarskynlik in hierdie strik van lae groei bly sit.”

Brixiova sê die lae groei maak fiskale konsolidasie al hoe moeiliker.

“Die nasionale tesourie is bekend daarvoor dat hy streng by sy bestedingsplafon hou, maar die daling in groei het sy inkomste verminder.”

In die begrotingsrede vroeër vanjaar is voorspel die verhouding van staatskuld tot BBP gaan volgende jaar ’n hoogtepunt van 53% bereik en daarna begin daal.

“Dit sal ’n positiewe omkeer wees nadat skuldvlakke jare lank stelselmatig opgebou het. Die verhouding van skuld tot BBP het meer as verdubbel van 2009 tot 2016.

“Maar hierdie doelwit is moeiliker om te bereik as groei verlangsaam. Ons voorspel in plaas daarvan dat die skuld tot BBP gaan stabiliseer, gaan dit verder styg, selfs nadat dit volgende jaar 55% gehaal het.” Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56%