Moody’s klink spyt oor nuwe status vir Kaap, PE

09 November 2019 | Ekonomie
Hanlie Stadler – Kaapstad en Port Elizabeth is onder die munisipaliteite wat voortaan waarskynlik meer vir hul skuld sal moet betaal omdat die nasionale regering se geldsake so swak lyk.

Moody’s Investors Service het pas die vooruitsig vir munisipale graderings wat stabiel was, na negatief verander. Dit sluit in die groot metropolitaanse munisipaliteite van Kaapstad, die Nelson Mandelabaai- metropolitaanse munisipaliteit (wat Port Elizabeth insluit) en Ekurhuleni.

Moody’s sê hy gee toe dat Kaapstad en Nelson Mandelabaai “gekenmerk word deur lae skuldvlakke en robuuste bedryfsprestasie”, maar die gradeerder sê in Suid-Afrika is daar ’n baie noue finansiële verwantskap tussen plaaslike regerings en die nasionale regering.

Dit beteken ’n munisipaliteit kan nooit ’n hoër gradering of selfs ’n beter vooruitsig op dieselfde gradering hê as die nasionale regering nie.

Die vooruitsig vir Johannesburg was reeds negatief en dié vooruitsig is gehandhaaf.

Moody’s sê baie faktore wat hom verlede jaar genoop het om die vooruitsig vir Johannesburg se gradering te verander – soos ’n stewige styging in bedryfsinkomste – het verbeter. Johannesburg se vooruitsig kan egter nie na stabiel verander word noudat die land ’n negatiewe vooruitsig gekry het nie.

Al dié metrorade se skuld word op die laagste beleggingsgraad gegradeer, soos dié van die land as geheel.

Moody’s se aankondiging oor munisipaliteite is ’n uitvloeisel van verlede Vrydag se graderingsbesluit oor Suid-Afrika. Hoewel Moody’s die land op beleggingsgraad gehou het, is die vooruitsig van stabiel na negatief verander. Dit beteken ’n afgradering na rommelstatus deur Moody’s – die laaste groot gradeerder wat die land op beleggingsgraad het – is nou ’n baie groot moontlikheid.

Moody’s het die land gewaarsku dat die Februarie-begroting deurslaggewend kan wees vir sy volgende graderingsbesluit.

Ander besluite oor munisipaliteite wat pas geneem is, sluit in:

· Die stabiele vooruitsig van Tswhane (wat Pretoria insluit), Breedevallei en uMhlathuze is gehandhaaf. Dié munisipaliteite is reeds op rommelstatus gegradeer.

· Die negatiewe vooruitsig van Mangaung (Bloemfontein) is gehandhaaf. Moody’s het Mangaung in Augustus met drie kerwe tot ses kerwe onder beleggingsgraad gegradeer weens ernstige finansiële wanbestuur en kontantvloeiprobleme by dié munisipaliteit.

· Rustenburg is nog een vlak laer tot drie kerwe onder beleggingsgraad afgegradeer en die vooruitsig is van stabiel na negatief verander.

Ander instellings wat verander is, sluit in:

· Die vooruitsig vir die gradering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is van stabiel na negatief verander.

Verskeie maatskappye het ook deurgeloop deurdat die vooruitsig vir hul gradering na negatief verander is. Nie een is afgegradeer nie:

· Growthpoint

· Redefine

· Barloworld

· Bidvest

· Telkom

Die nuutste aankondigings kom nadat Moody’s reeds dié week onder meer die vooruitsig vir banke se gradering na negatief verander het en Eskom selfs dieper na rommelstatus afgegradeer het. Eskom is nou net drie vlakke van die status wat aan wanbetalers toegeken word. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

8 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Geingob neem aanstoot

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

8 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

8 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...

Tragedie tref toergroep

8 ure gelede | Ongelukke

Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund - Altesaam 34 Duitse toeriste se Namibiese reis is kortgeknip ná hul “Rotel”-bus aan die brand geslaan het.Die bus...

VERKIESINGS 2019: GRONDHERVORMING, LANDBOU EN DIE KLIMAAT

8 ure gelede | Politiek

In die reeks neem ons politieke partye se manifeste in oënskou wat sekere sleutelkwessies betref.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Vergoeding vir volksmoorde en hervestiging van die...