Momentum stu Stars tot oorwinning
Vir die eilandbewoners is die kampioeneliga nou neusie verby.
Tielman van Lill
Momentum African Stars het Woensdagaand by die Sam Nujoma-stadion net 45 minute nodig gehad om ‘n oorwinning van 2-1 teen die besoekende Volcan Club de Morini van die Comore-eilande te bewerkstellig.
Dit was Stars se tweede kragmeting in die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se kampioeneliga teen die besoekers, nadat hulle laat in November gelykop (0-0) in die Comore gespeel het.
Met Stars se klinkende oorwinning sal hy in sy volgende kragmeting teen Orlando Pirates van Suid-Afrika op die veld stap.
Hoewel Stars wel in die verlede in die kampioeneliga sy vernuf getoets het, het geeneen van sy huidige spelers die kennis soos die reus uit Suid-Afrika wat dié kontinentale kampioenskap al gewen het nie.
Stars se eerste doel het die lomerige besoekers onkant gevang toe die gasheer ná net vyf minute sy eerste doel aanteken.
Met Stars wat teen die regterkanste kantlyn aangeval het, was Edwin Korukuve op die regte plek om ‘n perfekte dwarsskop na Chrispen Mbewe aan te gee, wat die doelnet sekuur met ‘n kanonskoot tref.
Volcan neem net sewe minute om in die 12de minuut die telling 1-1 te maak. Dit wil voorkom of Ratanda Mbazuvara, Stars se doelwagter, se gedagtes elders moes wees toe hy platvoet toegelaat het dat Diaritiana Solonaina Rakotonanahary se skop skadeloos oor sy kop seil. Maar ná die blaps was Mbazuvara onstuitbaar voor die doelhok vir Stars en is etlike kanse vir die besoekers in die kiem gesmoor.
Genadiglik het Stars nie weer toegelaat dat die besoekers hom flous nie en het die telling drie minute voor rustyd tot 2-1 laat groei, wat ook die eindtelling was.
Dié keer was dit die kombinasie van Ivan Kamberipa, Aubrey Amseb en Gustav Isaak wat die besoekers se moed gebreek het, met Isaak wat die bal netjies verby doelwagter Salimo Velonjare stuur.
Al het Stars wat 49% balbesit gehad het, die botsing gewen, is Robert Nauseb, hoofafrigter van Stars, nie met sy span se vertoning tevrede nie.
“Ons het benede peil gespeel. Die spelers het nie volgens ons planne en opdragte gespeel nie. Ek is glad nie gelukkig met die manne nie, want as ons weer op dié manier gaan speel, gaan ons beslis verloor. Hulle hou nie die bal in besit nie, en skop dit weg vir hul teenstanders om teenaanvalle te loods,” het Nauseb ontevrede gegrom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie