Momentum aan Stars se veldtog gegee

Sokker

06 December 2018 | Sport
African Stars, die verdedigende Namibiese Premierliga-kampioene (NPL) van die vorige seisoen, het gister ‘n stewige handdruk van N$100 000 van Momentum Namibië ontvang.

Dié borgskap is by die kantore van Momentum in die hoofstad aan Starlile oorhandig.

Mnr. Lesley Rukoro, hoofbeampte van Momentum Batebestuur, het Stars vir hul jare lange peil en goed georganiseerde dissipline geloof.

“Ek wil graag vir African Stars gelukwens met hul kwalifikasie en deelname aan die CAF (Konfederasie van Afrika-sokker) se kampioeneliga. Stars het hulself oor die afgelope paar jaar as ‘n goed georganiseerde klub bewys. Hulle het al ‘n paar keer die NPL gewen, asook die Debmarine-beker in 2017 en verlede jaar.

“Om ‘n ware kampioen te wees, verg dissipline, asook toewyding om sukses te bereik en internasionaal deel te kan neem.

“Soos by Stars, koester ons by Momentum dieselfde kwaliteite om die Namibiese publiek met die regte finansiële advies te bedien sodat hulle finansiële vryheid en drome kan bereik.

“Met ons professionele, finansiële kundigheid glo ons dat Momentum Namibië die regte vennoot is om aan boord te hê. Ons het onlangs die Momentum Wealth & Collective Investment-portefeulje bekend gestel en ons glo tereg dat ons die regte versekeraar is om in mense se finansiële behoeftes op lang termyn te voorsien.

“Dit bring ons terug by die dag toe Momentum besluit het om ‘n vennootskap met Stars aan te gaan deur hulle met N$100 000 te borg. Met dié borgskap het ons besluit om ‘n langtermyn- kommersiële belang met Stars vas te knoop, wat handelsmerke insluit, asook advertensies vir beide Momentum en African Stars. Ons glo met die vennootskap sal beide handelsmerke voordeel kan trek.

“Laaste maar nie die minste nie: Ek wil Stars voorspoed toewens met hul verdere deelname aan die Kampioeneliga. Kom ons behou die Momentum en ek hoop van harte dat julle vir ons, asook jul ondersteuners, ‘n vroeë Kersgeskenk kan gee,” het Rukoro gesê.

Dit sal die eerste keer wees dat African Stars en Momentum saamwerk, het me. Ingah Ekandjo van MMI Holdings gesê.

“Vanaf vandag staan ons saam en hopelik gaan dit ‘n lang en goeie verhouding wees. ‘n Klub soos African Stars het ‘n ryk, trotse en lang geskiedenis en ons wil hulle help om hul merk in Afrika te maak. Ons besef dat sukses nie oornag kom nie, maar moontlik jare vir Starlile gaan vat voor hulle ‘n krag in Afrika-sokker kan word.

“Ons is egter bereid om die pad saam met Starlile te loop, want Stars se sukses word ook Namibiese sokker se sukses. In 2013 het Orlando Pirates van Suid-Afrika die Kampioeneliga gewen en was in die hele Afrika op die voorblaaie gewees. Ons wens is dieselfde vir Stars om Namibië op almal se lippe te plaas. Ons is opgewonde vir wat die toekoms inhou,” het Ekandjo gesê.

Die borgskap is aan mnr. Patrick Kauta, voorsitter van African Stars, oorhandig.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

23 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

23 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

23 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

23 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

23 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...