Mombasa-hawe uitgebrei
Oos-Afrika se grootste hawe, in Mombasa, Kenia, is ‘n belangrike logistieke naaf in die streek van waar skeepshouers na Tanzanië, Uganda, Suid-Soedan, Rwanda, Burundi en ander lande in die streek vervoer word. China het bystand verleen met uitbreidings aan die 19de kaai, wat die hawe se operasionele doeltreffendheid aansienlik verbeter het. Saam met die nuwe spoorlyn, wat nog in aanbou is, tussen die hawe van Mombasa en Kenia se hoofstad, Nairobi, sal die hawe nou ‘n groter bydrae kan lewer om die ekonomieë van lande in Oos-Afrika te ontwikkel. Foto Nampa/Xinhua
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie