Moller uit op borgtog van N$15 000
Moller uit op borgtog van N$15 000
13 January 2021 | Howe
Ellanie Smit – Die besturende direkteur van D&M Rail Construction, mnr. Dawie Moller, is gister in die landdroshof op Gobabis op borgtog van N$15 000 vrygelaat.
Die Fishrot-beskuldigde, mnr. James Hatuikulipi, is een van die aanndeelhouers van dié spoorwegkonstruksiemaatskappy.
Hy en Moller is ook die aandeelhouers van ’n eiendomsontwikkelingsmaatskappy, MH Properties.
Hy is op 5 Januarie op sy plaas naby Leonardville in hegtenis geneem.
Moller staan tereg op twee klagte onder die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad wat verband hou met geldwassery en die versuim om buitelandse valuta in sy besit te verklaar.
Hy het voor landdros Eben Iyambo verskyn. Me. Faith Nyaungwa het vir die staat opgetree en mnr. Christian Nambahu vir Moller.
Die saak is tot 28 April vir verdere ondersoek uitgestel.
– [email protected]

Soortgelyk
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
11 ure gelede | Gesondheid
Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het
13 ure gelede | Howe
Eloïse bring dalk storms
18 ure gelede | Weer
Swakoppoortdam loop oor
1 dag gelede | Weer
Voorvaderlike eise: Alle grond benut
1 dag gelede |
Woestynrivier laat lóóp
1 dag gelede | Weer
Noorde: Té nat én té droog
1 dag gelede | Weer
Making the art of painting look easy
1 dag gelede | Mense
Shoprite steeds in die hof
1 dag gelede | Arbeid
Kleinadvertensies