Moenie vir dié nuwe Facebook-foefie val nie
Petrus Malherbe – Nee, booswigte het nie toegang tot jou Facebook-profiel gekry en dit gekloon nie.
’n Nuwe slenter doen tans die ronde op die sosiale netwerk waarin jy ’n boodskap ontvang, kwansuis van ’n vriend, wat sê daar was verdagte aktiwiteite op jou rekening.
Die boodskap lui iets in die lyn van: “Hallo, ek het pas ’n vriendskapsversoek van jou ontvang, maar ons is reeds vriende (op Facebook). Jy moet dalk kyk of jou rekening nie gekraak is nie.”
Die boodskap vra verder dat jy die boodskap aan al jou Facebook-vriende aanstuur om hulle te waarsku om nie vriendskapsversoeke van jou te aanvaar nie.
Moet ek bekommerd wees?
Indien jy só boodskap ontvang het, wees gerus: Jou rekening is nie gekraak of gekloon nie.
Niemand het vals vriendskapsversoeke van jou profiel af gestuur nie en jy word nie deur iemand nageboots nie.
Dit is bloot ’n nuwe foefie wat tans rondgestuur word.
Wat sê Facebook?
Die sosiale netwerk het verbruikers in ’n verklaring gemaan om nie vir die slenter te val nie.
Facebook het wel bevestig dat die boodskap wat rondgestuur word nie ’n virus bevat nie en gebruikers aangeraai om dit net uit te vee as hulle dit ontvang.
Dit is wel nie ongewoon dat booswigte bestaande Facebook-profiele kloon nie.
Dit gebeur wanneer ’n persoon jou foto’s en inligting vat wat tot hul beskikking is, en ’n nuwe profiel in jou naam skep.
Die indringer stuur dan vriendskapsversoeke na jou bestaande vriende, wat dit in baie gevalle aanvaar omdat hulle dink dis jy.
Die skelm doen dit om meer inligting oor daardie persoon te bekom, aangesien hy danksy jou goeie naam toegang tot die persoon se profiel kry.
Dié slenter is egter nie tans ’n tendens op Facebook nie en gebeur net van tyd tot tyd. Die sosiale netwerk het ingeboude stelsels om duplikaat-profiele te bespeur en uit te wis, en jy kan ook enige duplikaat van jou profiel aanmeld waarna Facebook dit sal uitvee. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie