Moenie spoeg, snuit of die bal soen
Sokker
Sokkerspanne wat aan twee van die topkompetisies in Suid-Amerika, die Copa Libertadores en Copa Sudamericana, deelneem, het opdrag gekry dat hul spelers nie op die veld mag spoeg of die bal mag soen nie.
Dít is twee van die nuwe Covid-19-reëls waarop die vasteland se sokkerbeheerliggaam, Conmebol, besluit het.
Die twee vlagskiptoernooie is in Maart weens die Covid-19-epidemie onderbreek en daar moet nog besluit word op watter datums dit gaan hervat.
Conmebol sê in ’n verklaring dat spelers nie mag spoeg, hul neus snuit, mekaar omhels of truie uitruil ná wedstryde nie.
Ook moet die spelers elk hul eie waterbottel hê en plaasvervangers moet maskers dra. Dit geld ook wanneer onderhoude ná afloop van wedstryde gedoen word. – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie