Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie
Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

Henriette Lamprecht
Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s of video's van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF) te neem wanneer hulle met die uitvoer van hul pligte besig is nie.

Die waarskuwing is in die Nasionale Vergadering gerig deur die minister van verdediging, mnr. Penda Ya Ndakolo tydens die bespreking van ‘n verslag oor die dood van die 32-jarige Benesius Kalola. Kalola is dood nadat hy na bewering deur ‘n NDF-lid tydens Operasie Kalahariwoestyn op 5 September in die Enkelkwartiere in Windoek geskiet is.

“Om ‘n video van NDF- of Nampol-lede in aksie te neem, is verbode omdat dit gevaarlik is. So ‘n video kan gebruik word om lede te identifiseer vir moontlike wraak of enige ander kriminele oorwegings. Die videos kan gedokter en gebruik word vir allerhande verkeerde oogmerke,” het Ya Ndakolo gesê.

Hy het ook daarop gewys daar is geen doelbewuste beleid om onskuldige burgerlikes dood te skiet en geen direkte opdrag van die hoof van die weermag om burgerlikes dood te maak nie. Volgens hom het ‘n houding van sommige mense om nie hul samewerking te gee nie, tot skietvoorvalle gelei. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!