'Moenie my uitlok nie'
'Moenie my uitlok nie'

'Moenie my uitlok nie'

Volgens Jacob Zuma het hy so lank stilgebly omdat hy die president was en versigtig moes wees oor hoe hy sake hanteer.
Oudpres. Jacob Zuma “waarsku” diegene wat voortgaan om hom in die publiek te bespreek om hom nie “uit te lok” nie.

Zuma het sy kritici gewaarsku om stil te bly en oor hul eie organisasies te praat, nie oor hom nie.

“Nie ek nie, want ek het dinge om te sê oor hul organisasies, maar ek wil dit nie doen nie omdat ek weet waarom ek deel van die stryd (­struggle) is. Hulle moet my nie uitlok nie.”

Hy het Woensdag die ­waarskuwing gerig na 'n toespraak oor gratis ­onderrig by 'n geleentheid van die studentekongres Cosas in Durban.

Volgens Zuma het hy so lank stilgebly omdat hy die president was en versigtig moes wees oor hoe hy sake hanteer.

“Ek wil net dié waarskuwing gee. In plaas daarvan om hul eie programme en beleide te bespreek, sit die leiers om my te bespreek. Ek waarsku hulle, moenie aanhou om dit te doen nie.”

Nou dat hy nie meer president is nie, sê Zuma hy kan optree teenoor kritici soos wat hy wil.

“Dit is net 'n waarskuwing,” het Zuma gesê voordat hy die liedjie “Umshini Wami” gesing het.

Kwazi Mshengu, voorsitter van die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal, het vroeër gesê die liga is bekommerd dat SAKP vir Zuma “vervolg”.

“Dit is nie die kommunistiese party se rol om drie dae in 'n vergadering te spandeer om Zuma te bespreek en dan 'n mediavergadering te roep om te sê hulle haat Zuma steeds nie.”

Mshengu het gevra wat moet Zuma nog doen om te bewys dat hy 'n lojale ANC-lid is.

“As hy veldtogte vir die ANC voer, sê hulle hy moet stop en as hy by die huis sit, verbind hulle hom met die stigting van 'n nuwe party. Ons sê hy moet voortgaan met veldtogte van die ANC.”

Khetha Mjodi van Cosas het Blade Nzimande, SAKP sekretaris-generaal, daarvan beskuldig dat hy versuim het om gratis onderwys te lewer toe hy die minister van hoër onderrig was.

“Maar Zuma hét. Dieselfde persoon wat sê Zuma moet nie in ANC-programme gebruik word nie, is die een wat versuim het om gratis onderwys vir ons te gee.”

Nzimande het Sondag glo gesê dit is nie genoeg vir Zuma om aan te dui dat hy nie beplan om die party te verlaat nie en dat hy terugveg teen die pogings om korrupsie en staatskaping te bekamp.

* Zuma verskyn vandag weer in die hooggeregshof in Durban op ­aanklagte van korrupsie. Zuma sal waarskynlik vra dat die saak uitgestel word totdat die siviele geding oor sy regskoste afgehandel is.- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!