Moenie my tyd mors nie
Moenie my tyd mors nie

Moenie my tyd mors nie

Tanja Bause
Tanja Bause – Dit wil my voorkom asof ons in vandag se lewe al hoe meer vergeet van basiese goed wat ons ma’s vir ons geleer het.

Soos respek. Respek vir my, en veral vir jouself. Ek weet nie wat fout gegaan het en of dit net is omdat die lewe so gejaag is nie - alhoewel ek dink mense gebruik dit te graag as ’n verskoning.

Die media is Vrydag uitgenooi na ’n Kersete wat vir sowat 400 bejaardes van Katutura gereël is. Almal was betyds, behalwe die gasheer vir wie almal angstig gesit en gewag het. Maar sit moes hulle sit, al was hy laat.

Dieselfde instelling het Sondag ’n geleentheid gehou waartydens kerse aangesteek is vir kinders wat die jaar gesterf het. Weer eens het almal in die kapel gesit en gewag dat die gasheer moet opdaag.

Dit is die respek waarvan ek praat.

Jy as gasheer nooi mense uit om jou funksie by te woon en dan laat jy hulle wag? Is jy dan belangriker as die mense wat jy genooi het?

Jy as die gasheer het die datum en die tyd gekies, en die mense het by jou planne en volgens jou uitnodiging aangepas. Hulle was betyds, hulle het hul planne volgens joune gereël én dalk verander. Jy het die planne gemaak soos dit jou pas, maar jy kan nie betyds wees nie?

Stel jou voor ek nooi mense na my huis toe vir ’n ete, maar ek daag eers heelwat later op. My gaste moet maar sit en wag.

Dit is nou wel net twee gevalle in drie dae en wat toevallig deur dieselfde organisasie gereël is.

Maar glo my, die min respek vir tyd is ’n algemene tendens.

Ons in die media spot al en ken die sondaars wat gereeld laat is. As ons ’n uitnodiging van sekere ministeries ontvang, weet ons by voorbaat ons kan maar ten minste 30 minute “laat” wees. Ons sal betyds wees, want die spesifieke minister is altyd laat.

Maar dit maak dit nie beter nie, want haar of sy tyd is nie waardevoller as myne of dié van die ander wat betyds is nie.

Soms moet ons twee of meer geleenthede per dag bywoon. As jy laat is en jou funksie begin dus laat, beteken dit outomaties ek gaan vir die volgende een laat wees. Dit is nie regverdig teenoor die ander mense wat stiptelik betyds begin het, maar wat ek nou moet afskeep nie.

As jy my uitnooi na jou geleentheid wat om 10:00 begin, is ek 10:00 daar. Dan ek verwag ek dat jy as gasheer wat my genooi het om oor jou funksie te berig, ook 10:00 daar sal wees.

Ek doen ’n beroep op alle besighede, instansies, ministers, burgemeesters en almal wat mense na ’n funksie toe uitnooi, om volgende jaar asseblief 'n bietjie meer respek vir my en ander gaste se tyd te toon. Wees betyds om sodoende niemand anders se tyd te mors nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!