‘Moenie dit klimaatsverandering noem’

Persoonlike wins belangrik

26 June 2019 | Landbou
Elvira Hattingh - Soos die boere van Alberta in Kanada, sal Namibiese boere waarskynlik ook meer geneig wees om klimaatslim praktyke aan te neem indien dit ekonomiese voordele vir hulle persoonlik inhou.

Só sê prof. Sven Anders, van die Universiteit van Alberta.

Hy sê tydens ‘n twee jaar lange studie van 300 Alberta-boere het hy en medenavorsers ontdek boere word deur verskeie faktore aangemoedig om na die omgewing om te sien, maar nie deur klimaatswetenskap nie.

Hy het gaste by die pasafgelope 17de Agri Benchmark Bees- en Skaapkonferensie toegespreek, wat vir die eerste keer vanjaar in Namibië plaasgevind het.

Nagenoeg 40 organisasies (soos die Vleisraad) uit 30 lande het aan die konferensie deelgeneem.

HOE DINK BOERE OOR KLIMAAT?

“Die doel van die opname onder die Alberta-boere was om vas te stel hoe landbouprodusente oor klimaatsverandering dink, of hulle daarin glo en watter beleidsprogramme of –inisiatiewe hulle sal aanmoedig om proaktief aan die bekamping daarvan deel te neem,” het Anders gesê.

Die eindproduk van dié opname was ‘n omgewingsnavorsingsartikel getiteld Just don’t call it climate change: climate-skeptic farmer adoption of climate-mitigative practices.

Anders sê die opname het aangedui die gemiddelde ouderdom van Alberta-boere is 54 jaar, hulle het gemiddeld 29 jaar se ervaring daarin om ‘n plaas te bestuur en is oorwegend manlik.

“Hulle beskryf hulself as hoofsaaklik konserwatief. Die meerderheid van hulle is goed gekwalifiseer en vir die meeste van hulle is hul plase hul belangrikste en grootste bron van inkomste,” het Anders gesê.

“‘n Klein aantal van die boere glo nie klimaatsverandering is ‘n werklikheid nie, bykans ‘n kwart glo hulle het te min inligting om hieroor te besluit, en die meerderheid (75%) sê hulle glo wel klimaatsverandering vind plaas.

“Die meerderheid glo dit word in ‘n gelyke mate deur mense en die natuurlike omgewing veroorsaak, terwyl die tweede grootste groep glo dit word net deur die natuurlike omgewing veroorsaak.

“Slegs ‘n klein aantal glo dit is mensgemaak,” het Anders gesê.

KLIMAATSLIM BOERDERYE

“Die opname het aangedui die boerderysektor moet gehelp word om hul vermoëns te besef as dit by die bekamping van klimaatsverandering kom.

“Boere reageer wel op klimaatsvriendelike praktyke wat private ekonomiese voordele inhou en met hul boerderysakefilosofie ooreenstem.

“Verstaan dat landbouprodusente nie in die besigheid is om die klimaat te probeer ‘red’ nie. Hulle dra wel tot die vrystelling van kweekhuisgasse by, maar verskeie ander bedrywe doen dit,” het Anderson verduidelik.

“Klimaatslim praktyke kos dikwels meer as die wins wat dit vir boerderye kan genereer. Dit dra dalk nie tot die plaas se winsgewendheid by nie – veral nie uit ‘n beleggersoogpunt nie.

“Boere kan nie alles tegerlykertyd doen nie. In die opname het hulle aangedui wins, die lewering van gesonde kos, asook die verbetering van grond en die gehalte daarvan vir hulle van die belangrikste mikpunte is,” het Anders gesê.

Tydens die opname is vasgestel Alberta se boere se grootste kommer gaan oor handelsbande en onderhandelinge met ander lande vir marktoegang.

Van die minste kommer is klimaatsverandering.

SEKERE PRAKTYKE REEDS BEOEFEN

Anders sê die navorsing het getoon lewendehaweprodusente is ook maar té bewus van die sensitiewe omgewing waarin hulle werk en dat die gehalte van grond en watergehalte van kardinale belang vir produksie is.

“Terselfdertyd beskou hulle sake soos dierewelsyn en koolstofbelasting as polities gemotiveerd en laat dit hulle bedreig voel.

“Hulle wil goeie rentmeesters van landbougrond wees, hoewel hulle nie die verband tussen dit en die bekamping van klimaatsverandering besef nie,” het hy gesê.

Anders sê boere se besef dat hulle volhoubaar móét boer, beteken hulle beoefen reeds sekere klimaatsvriendelike praktyke.

“Van die praktyke wat die boere reeds aangeneem het, sluit in die verspreiding van blare of organiese materiaal ná ‘n oes op die grond, geenbewerkingslandbou, die gebruik van GPS-presisielandbou en die installasie van LED-ligte.

“Terselfdertyd het hulle in ons opname aangedui hulle sal beslis daarin belangstel om byvoorbeeld vleilande te herstel, sonpanele te installeer en bio-energie te genereer. Tog het dié praktyke nog nie op groot skaal onder die boere posgevat nie.

“Dit omdat die projekte duur is en dikwels tydsame prosesse behels wat hoë risiko inhou,” het Anders gesê.

HELP BOERE SÓ

“Niemand gaan iets vir die klimaat doen gebaseer op hoe hulle oor die klimaat dink nie. Ek dink dié faktor is ook van toepassing op die res van die wêreld se boere.”

Anders sê die boere verkies direkte finansiële steun indien die regering ‘n program opstel om hulle te help om meer omgewingsvriendelike praktyke te implementeer.

Hulle het aangedui hulle wil geensins met omgewingsorganisasies saamwerk nie. Hulle sal eerder met die regering saamwerk.

Hy sê uit die opname het die navorsers ‘n model opgestel wat aandui die waarskynlikheid dat ‘n produsent sekere praktyke in werking stel, hang van persoonlike oortuigings, bestuurspraktyke, die grootte van hul plaas asook omgewings- of klimaatsfaktore af.

“Eienaars van groter plase is meer geneig om omgewingsvriendelike praktyke te implementeer. Diegene wat meer gewasse plant as wat hulle vee aanhou, is minder geneig om die praktyke in te stel.

“Tot dusver is baie omgewingsbeleide op die vrystelling van kweekhuisgasse gebaseer, asook onderrig wat nie met boere se oortuigings oor klimaatsverandering strook nie,” het Anders gesê.

“Klimaatsverandering word met sosialistiese ingryping verbind, terwyl Alberta-boere hoofsaaklik konserwatief is en byvoorbeeld ook teen Kanada se voormalige koolsuurstofbelasting gekant was,” het Anders verduidelik.

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

6 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

17 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

17 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

17 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

17 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

17 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

17 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

17 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...