Moenie diere lewend uitvoer, pleit Namibiërs

In die besware teen seereise met lewende vee na die Midde-Ooste word verskeie risikofaktore uitgelig.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



Bykans 'n duisend mense het sover 'n klagskrif ­onderteken wat 'n sakevoorstel teenstaan dat duisende lewen­de plaasdiere van Namibiese hawens na die Midde-Ooste vervoer word.

Die klagskrif getiteld “Say no to livestock by sea” is deur die ­Namibië Dierewelsynsvereniging (Nawa) van sta­pel gestuur in reaksie op 'n sakeplan om lewende skape, beeste en bokke van Namibië na Koeweit te vervoer om daar geslag te word.

Die voorstel deur Trade­port Namibia word uiteengesit in 'n agtergrond­inligtingsdokument (BID), wat deel uitmaak van die maatskappy se aansoek om 'n omgewings­klaringsertifikaat.

Volgens die BID behels die plan die invoer van 70 000 lewende skape, 50 000 bokke en 5 000 beeste uit Suid-Afrika en Botswana deur Ariams­vlei, om weer vanaf ­Lüderitz of Walvisbaai na die Midde-Ooste uitgevoer te word.

Die diere sal op ­Ariamsvlei aangehou wo­rd tot daar ­voldoende getalle is vir verdere vervoer na die hawens, en dan per see na die Midde-Ooste uitgevoer kan word.

In terme van diere se welsyn, word in die BID genoem dat die invoer en uitvoer van lewende diere “inherent 'n hoë risi­­ko vir dierewelsyn inhou, veral gedurende die somer”.

Internasionaal word die vervoer van lewende hawe toenemend teengestaan, wat in sommige lande 'n dekmantel­verbod tot gevolg gehad het en voortgesette regsge­dinge elders.

Nawa waarsku dat afgesien van die talle diere­welsynsrisiko's wat aan lang reise verbonde is, Namibië se internasionale reputasie ook 'n knou kan kry.

In die Verenigde Konink­ryk is regsgedinge aanhangig gemaak om die praktyk te stop.

Die Europese Unie ondersoek welsynsoor­treders wat nie aan ­handelsvoorskrifte voldoen nie.

Australië laat lewende uitvoere slegs toe op voorwaarde dat 'n veearts elke besending na hul bestemming vergesel, en alle diere wat uitgevoer word aan streng Australiese ­dierewelsynstandaarde onderwerp word.

Nieu-Seeland het op 3 September alle ­uitvoere op lewende hawe opge­skort. In Israel is 'n wet om die invoer van lewende diere uit te faseer, voorlopig deur die parlement in die vroeë stadiums goed­gekeur.



'ARGAÏES'

Nawa het ook vandeesweek opgemerk daar is onvoldoende maatreëls om die welsyn van diere in beknopte toestande op skepe te verseker.

Namibië se dierebeskermingsvereniging (DBV) het vandeesweek hul sterk teenkanting teen die ­voorgestelde sakeplan uitgespreek.

“In 2020 is daar geen regverdige rede om die­re 7 000 km per see te vervoer om 'n moontlike wrede dood in 'n vreemde land te verduur nie, veral aangesien die Midde-Ooster­se lande tans groot hoeveelhede koue- en bevrore vleis invoer,” het die DBV gesê.

Die DBV het ­bygevoeg dié praktyk ondermyn die Namibiese wette en ­standaarde vanuit 'n regsperspektief.

Die organisasie het gewaarsku indien die groen lig gegee word vir die uitvoer van lewende hawe per see, dit steun sal wys vir “argaïese handel wat sukkel om maatskaplike goedkeuring in vandag se tyd te behou”.

Hulle wys uit dié handel kon tot dusver alleenlik voortgaan vanweë die geheimhouding waaronder diere al dekades lank uitgevoer word.



NIE LEWENSVATBAAR

Die organisasie het ook benadruk dit is vanuit 'n ekonomiese perspektief beter om vleis in Namibië te verwerk.

Wat die verkryging van die voldoende aantal diere betref, kan ­Tradeport Namibia voor uitdagings te staan kom.

Mnr. Paul Strydom van die Namibiese Vleisraad het Dinsdag in 'n kort verklaring benadruk dat Botswana tans 'n verbod op die uitvoer van beeste na Namibië en Suid-­Afrika het.

Hy wys daarop dat Suid-Afrika sy vrystatus vir bek-en-klouseer van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) verloor het en dus nie vee in dié hoeveelhede na Namibië kan uitvoer nie.

Strydom sê: “Vee-uitvoere per see is teen Namibië se 'Growth at Home'-­strategie en is nie 'n voorkeur-uitvoermetode nie.”

Ten slotte het hy verduidelik Namibië se ­veegetalle ná die droogte lyk nie goed nie, wat die vraag laat ­ontstaan het oor die “lewensvatbaarheid van hierdie plan”.

Mnr. Monty Ndjavera van Tradeport Namibia het dié week gesê hy is nie bewus van die klag­skrif nie.

Volgens hom is hulle 'n “logistieke ­maatskappy wat wil deel wees van enig­iets wat met vervoer te doen het. Maar ons wil nie enige wette oortree nie, plaaslik, internasionaal of andersins.”

Hy het benadruk die voorgestelde plan is nou eers in die beginfase.

Ndjavera het gesê as daar probleme met so 'n sakeonderneming is, kan hulle die idee laat vaar en iets anders begin.



DRYWENDE ­VOERKRALE

Mnr. Tony Gerrans, Afrika se uitvoerende direkteur vir die Humane Society International (HSI), het onlangs geskryf “die vervoer van tienduisende diere op 'n vaartuig beteken dat hulle 21 dae in beknopte krale moet deurbring sonder behoorlike kos en ­versorging, terwyl hulle in hul eie ontlasting staan en ammoniak inasem wat kan lei tot ­respiratoriese probleme, terwyl hulle blootgestel word aan die ­konstante geraas van die skip se enjins, asook aan hitte-uitputting wat so erg kan wees dat die diere kan doodgaan.”

Van die ernstige welsynskwessies wat deur die jare deur diereregte-organisasies gedokumenteer is, is dat die diere in beperkte ruimtes in hokke op verskeie dekke aangehou word, terwyl hulle op harde staalvloere moet staan wat nie geskik is vir diere met hoewe nie.

Hulle staan dikwels so styf teen mekaar dat hulle nooit gedurende die reis kan gaan lê nie.

Die ontlasting en urine van duisende skape word deur die hele reis nie skoongemaak nie, wat die diere dwing om in mekaar se ontlasting te staan, wat tot infeksie kan lei.

Skape word met korrels gevoer wat kan lei tot spys­verteringskwessies vir herkouers wat daaraan gewoond is om gras te vreet.

Sommige diere kan sukkel om die outomatiese voedsel- en ­waterkrippe te bereik, wat boonop deur ontlasting besmet kan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%