Moedertaaldag
Vandag vier die wêreld Moedertaaldag om erkenning te gee aan die komplekse kulturele tapisserie wat verskillende tale skep. Moedertaal is deel van individue se identiteit en is nie net 'n kommunikasiemiddel nie, maar lê ook die grondslag vir onderwys en ontwikkeling. Volgens die Verenigde Nasies kan meer as 50% van die meer as 7 000 gesproke tale in die wêreld binne 'n paar geslagte uitsterf. Altesaam 96% van dié kwesbare tale word deur net 4% van die wêreldbevolking gepraat. Hier leer me. Hilaria Graig haar driejarige seuntjie, Augustine, hoe om basiese Oshikwanyama-woorde te lees en te herken. Foto Augetto Graig
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie