Moebarak se seun dalk in hegtenis geneem
Twee seuns van die ontsetelde oudpres. Hosni Moebarak van Egipte gaan ingevolge ’n hofbevel in hegtenis geneem word op aanklagte dat hulle die aandelemark gemanipuleer het.
Volgens Reuters het die staatsnuusagentskap, Mena, Saterdag berig Alaa en Gamal Moebarak en sewe ander mans word daarvan beskuldig dat hulle die aandelemark gemanipuleer en die reëls van die sentrale bank oortree het deur onwettige winste te maak deur handel te dryf in die aandele van die Al Watany-bank van Egipte.
Hulle het alle beskuldiging ten sterkste ontken.
Almal wat aangekla is in dié saak wat in 2012 begin het, is op borgtog vrygelaat en is verbied om te reis.
Alaa, Moebarak se oudste seun, is ’n sakeman en Gamal, is ’n voormalige bankier. Gamal was wyd beskou as ’n moontlike opvolger vir sy pa totdat Moebarak in Februarie 2011 ontsetel is.
Die twee was sedert 2015 vry.
Die hof sal weer op 20 Oktober sit.– Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie