Modelagentskap vier 5 goue jare

07 December 2018 | Kuns en vermaak
ACE Models is 'n franchise met 15 takke oraloor Suid-Afrika en twee in Namibië.

ACE Models Namibia het in 2014 hul deure oopgemaak met Daphné Voigts as direkteur.

"Modelwerk bestaan uit baie meer as net op en af loop, en heeltyd mooi lyk," sê Daphné.

"Dit begin by jouself, om in jouself te glo en jou selfbeeld te bou," sê sy.

Die agentskap bied opleiding in onder meer loopplank-ontwikkeling, skoonheidskompetisies, afrondingskursusse, fotosessies en modevertonings.

"Ons missie is om professionele modelle en suksesvolle jong individue op te lei, en selfrespek en die belangrikheid daarvan onder seuns en dogters te ontwikkel. My visie is om elke liewe kind wat hier inloop selfvertroue te leer. Om jou kop op te tel, iemand in die oë te kyk en trots te wees op wie en wat jy is. "

Die agentskap se plaaslike tak spog met verskeie plaaslike en internasionale pryse.

ACE Models International werk saam met een van Suid-Afrika se beste modelagentskappe, naamlik ICE Models Cape Town.

Daphné het haar dankbaarheid teenoor modelle en hul ouers vir hul harde werk in 2018 uitgespreek.

Registrasies vir 2019 is reeds oop.

Vir meer inligting, e-pos [email protected]

Soortgelyk

 

Franse vrou sterf toe safari-voertuig in Etosha omslaan

5 ure gelede | Ongelukke

'n 51-jarige vrou van Frankryk is Vrydag dood toe die voertuig waarin sy saam met vyf ander toeriste op safari was, naby Namutoni in die...

Polisiekantoor op Rundu sonder brandstof

5 ure gelede | Ministeries

Die polisiekantoor op Rundu sukkel die afgelope paar weke om sy voertuie met brandstof te vul. Volgens die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder vir Kavango-Oos, komm....

Mynwerkersunie mors Geingob se tyd

16 ure gelede | Regering

Leiers van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) het vanoggend hul geskeduleerde vergadering met president Hage Geingob misgeloop omdat hulle laat was. Met die visepresident, die...

Otjomuise-huise staan leeg

16 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Die nuutgeboude wooneenhede in Otjomuise uitbreiding 10 kan nie bewoon word nie omdat dit nog nie aan munisipale dienste soos die elektrisiteit-,...

Meatco tref voorsorg vir Brexit

16 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Meatco het voorsorg getref om sy kliënte in die Britse mark ná 29 Maart te bedien, sou Brittanje se uittrede uit die...

Rooies-sage stoom voort

16 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting Pogings om die voortvlugtende oudlanddros mnr. Rooies Mostert terug in Namibië te kry, is weer op dreef.Dít kom nadat die Suid-Afrikaanse owerhede gevra...

Weer vir 18 Maart

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die suidelike gedeeltes. Ligte reën kan oor die sentrale gedeeltes voorkom.KUS: Gedeeltelik...

Nuwe tydelike baas vir Air Nam

16 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer Die nasionale redery het aangekondig mnr. Xavier Masule is aangestel om tydelik as uitvoerende hoof van Air Namibia waar te neem totdat dié...

Die finaliste vir Skoner Dorp van die Jaar is...

16 ure gelede | Gebeure

Ondangwa, Oranjemund, Swakopmund en Walvisbaai is aangewys as die finaliste uit 21 dorpe wat vanjaar vir die Skoner Dorp van die Jaar-kompetisie ingeskryf het. Die...