Mnangagwa kuier Maandag in Namibië
Zimbabwe se nuwe president, mnr. Emmerson Dambudzo Mnangagwa, bring Maandag ‘n eendaagse besoek aan Namibië.
Volgens ‘n verklaring deur die mediasekretaris in die kantoor van die president, mnr. Albertus Aochamub, sal Mnangagwa die geleentheid gebruik om homself formeel aan pres. Hage Geingob voor te stel. Die twee staatshoofde sal ook bilaterale samesprekings voer.
Geingob is ook die adjunkvoorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).
Dit sal die eerste werkende besoek van Mnangagwa wees sedert hy in November 2017 ingesweer is. Volgens Aochamub is die doel van die besoek om bestaande uitstekende betrekkinge tussen die twee lande te versterk en nuwe gebiede van samewerking te oorweeg.
Mnangagwa is in 1942 gebore en het van 2014 tot 2017 as visepresident van Zimbabwe gedien. Ná Zimbabwe se onafhanklikwording het hy van 1980 tot 1988 as minister van staatsveiligheid gedien.
Hy is op 6 November deur pres. Robert Mugabe afgedank vir beweerde sameswering teen die regering.
Die weermag was nie hiervoor te vinde nie en het ingegryp en doeltreffend ‘n bloedlose staatsgreep uitgevoer waarin hulle Mugabe uit die kussings gelig het en die bewind oorgeneem het tot Mnangagwa se inhuldiging.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie