Miyako in Japan skud vere reg vir Namibiese atlete

11 January 2021 | Sport
Ronelle Rademeyer – ’n Namibiër wat reeds bykans 22 jaar in Japan woon, is deur die munisipale owerheid van Miyako genooi om dié gemeenskap in die aanloop tot die Olimpiese Spele oor die Namibiese kultuur in te lig.
Die Spele is verlede jaar weens Covid-19 uitgestel en is bestem op vanjaar op 23 Julie in Tokio te begin.
Miyako sal die gasheerstad vir die Namibiese span wees. Dit is in die Iwate-prefektuur in die noordooste van Japan geleë.
Dié oud-Windhoeker, me. Anita Sasaki (nèe Buys, 50), het haar hart jare gelede op haar Japannese man, Toru Sasaki, verloor toe hy op ’n Walvisbaaise krapboot as visserman gewerk het.
Toe hy destyds teruggekeer het na sy tuisdorp Miyako, het sy hom gevolg en die twee is kort daarna getroud.
Anita was in 2019 tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan een van die tolke wat besoekers aan Iwate by die stasie in Miyako verwelkom het toe die Namibiese span teen Kanada in Kamaishi, die buurdorp, sou speel.
Sy het reeds einde verlede jaar begin om skole te besoek en praatjies oor Namibië aan te bied. Sy berei onder meer geregte soos boerewors en schnitzel vir die leerlinge voor.
Anita sê dit is vir haar lekker om die Japanners aan die Namibiese kultuur bloot te stel.
“Kan jy glo ek is die enigste Namibiër in die hele groot Japan (met sy 126 miljoen inwoners),” vertel sy. Anita besit haar eie Engelse skool waar sy vir laerskoolkinders leer Engels praat.
- [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
48 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies