Mixies 'n mengelmoes
Mixies 'n mengelmoes

Mixies 'n mengelmoes

Gerine Hoff
Sedert Maart verlede jaar is Mixies op Outjo ’n koffiekroeg, dien dit as geskenkwinkel, bied dit iets vir inwoners se viervoetige vriende en is daar selfs ’n motorwasdiens op die perseel.
“Hier by Mixies is alles onder een dak ge-‘mix’, vandaar dus die naam,” sê die eienaar, me. Ansie Erasmus.
Behalwe die magdom items vir troeteldiere, verkoop en herstel Mixies ook akwariums, terwyl visse en alle ander akwarium-bykomstighede daar te koop is.
“Omdat daar ’n koffiekroeg op die perseel is, mag ons nie diere verkoop nie, maar as iemand ’n troeteldier wil verkoop, kan hulle hom of haar deur die loop van die dag hier kom vertoon,” sê sy.
Mixies se restaurant voorsien spysenering vir troues en funksies, en bak graag trou- en verjaardagkoeke, terwyl vars en kunsmatige blommerangskikkings vir troues, begrafnisse en ander funksies ook hier bestel kan word.
“Ons hou nie vars blomme in die winkel aan nie omdat dit nie regtig lonend is nie, maar ek werk redelik nou saam met ’n bloemiste op Otjiwarongo en as ek moet blomme bestel, kan dit binne ’n uur hier wees,” sê Erasmus.
“Vir spesiale geleenthede soos Moedersdag of Valentynsdag, kan mense hul bestellings plaas en dit dan later kom afhaal.”
Bestellings kan ook geplaas word vir meubels wat met palette en volgens die kliënt se voorkeur gemaak word.
By Mixies word plaaslike kunstenaars se werk vertoon en vir ’n klein kommissie, namens hulle verkoop. En as jy moeg is vir jou leesstof, kom ruil gerus jou boeke hier om.
Selfs wapens kan by Mixies gediens word.
En wanneer dit kom by aflewerings, staan Mixies nie terug nie. “Ons het ’n beeslorrie en kan dus enigiets na enige plek in die land vervoer,” het Erasmus afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!