MIV/vigs-toetse by Windhoekse munisipaliteit
Die adjunkburgemeester van Windhoek, me. Fransina Kahungu (links), het tydens verlede week se MIV/vigs-veldtog meer as 50 personeellede van die munisipaliteit van Windhoek aangemoedig om vrywillig MIV/vigs-toetse te ondergaan en ook om die regering in die stryd teen MIV/vigs te ondersteun. Kahungu het gesê dit is belangrik dat elkeen sy MIV-status ken om die verspreiding van die virus te verhoed. Verpleegster Ingenesia Kariazu (regs) het personeellede se toetse gedoen.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie