MIV/vigs indirek grootste oorsaak van vrouesterftes
MIV/vigs indirek grootste oorsaak van vrouesterftes

MIV/vigs indirek grootste oorsaak van vrouesterftes

Die algehele gesondheid van swanger vroue het ‘n invloed op die algemene sterftesyfer van kinders onder vyf jaar.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Namibië is een van die lande met die hoogste voorkoms van MIV in die wêreld met 19% van swanger vroue in die land tussen die ouderdomme van 15 en 49 jaar wat met die virus geïnfekteer is.

Volgens die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga hou MIV/vigs die ernstigste uitdaging vir reproduktiewe gesondheid in die land in.

Sy het tydens die eerste konferensie vir vrouegesondheid in Windhoek verwys na MIV/vigs wat indirek die grootste oorsaak van sterftes onder swanger vroue in openbare gesondheidsgeriewe is en 37% van die totale sterftesyfer beloop.

Shilunga het haar dank uitgespreek teenoor ma’s wat daartoe verbind is dat hul babas die nodige sorg in die voorkoming van die oordrag van die siekte ontvang.

“Hulle plaas Namibië op die wêreldkaart om ‘n land in Afrika te word wat die oordrag van MIV van moeder na kind spoedig kan uitwis,” het sy gesê.

Volgens die adjunkminister is die sterftesyfer onder swanger vroue in Namibië besig om te styg, met 70 swanger vroue wat verlede jaar in die land gesterf het. Ook blyk die voeding en algehele gesondheid van swanger vroue ‘n invloed te hê op die algemene sterftesyfer van kinders onder vyf jaar en veral pasgebore babas.

Volgens Shilunga daal besteding op gesondheid van swanger vroue, kinders en tieners, en is dekking vir noodverloskunde baie laag en ook onbillik.

Sy het verwys na die geestesgesondheid van swanger vroue en gesê sowat 10% van swanger vroue en 13% van vroue wat pas geboorte geskenk het, ly aan ‘n geestesongesteldheid, veral depressie. In ontwikkelende lande is die syfer selfs hoër en wel 15,6% tydens swangerskap en 19,8% ná geboorte. In ernstige gevalle kan dit selfs tot selfdood lei en in die meeste gevalle kan die geraakte ma nie doeltreffend funksioneer nie. As gevolg hiervan kan kinders se groei en ontwikkeling ook negatief geraak word, sê Shilunga.

Sy het ook verwys na ‘n onlangse studie wat gewys het 20% van ma’s in ontwikkelende lande ervaar kliniese depressie nadat hulle geboorte geskenk het.

“Die behandeling van depressie onder ma’s lei tot die verbeterde groei en ontwikkeling van die pasgebore baba en verminder die kanse van diarree en wanvoeding onder babas.”

Volgens Shilunga skenk die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oorweging aan Universele Gesondheidsdekking (UHC) wat sterk klem plaas op geestessiektes in die lewering van gesondheidsdienste vir swanger vroue en babas.

“Alle vroue kan ‘n geestesongesteldheid tydens hul swangerskap en in die eerste jaar ná geboorte ontwikkel, maar armoede, migrasie, uiterste stres, blootstelling aan geweld, nood- en konfliksituasies, natuurrampe en lae maatskaplike ondersteuning verhoog oor die algemeen die risiko vir spesifieke afwykings.”

Volgens Shilunga het Namibië het die afgelope dekade ‘n ongekende groei in pasiënte ervaar wat toegang tot gespesialiseerde sorg en terapieë vereis.

“Die las op die gesondheidstelsel styg voortdurend, met ‘n voortgesette toename in die aantal pasiënte met nie-oordraagbare siektes. Namibië se veranderende epidemiologiese profiel het ook tot die oorlading van openbare gesondheidsgeriewe, ingesluit primêre gesondheidsorg en veral klinieke, gelei wat geweldige druk op beskikbare hulpbronne plaas.”

Shilunga het beklemtoon vrouegesondheid het meer as net medikasie nodig en vereis hoofsaaklik optrede uit die samelewing om onregte teen vroue te takel.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%