MIV-toetsstelle wel in voorraad

Potensiële gevalle identifiseer

12 October 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het genoeg MIV-toetsstelle vir beide die aanvanklike en die bevestigende toetse.

Ook was daar nog nooit ’n standaardwagtydperk van drie maande voor iemand wat vir MIV getoets is, sy of haar uitslag ontvang nie.

Die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie, me. Petronella Masabane, sê genoeg voorraad is van al die verwante toetsstelle by die Sentrale Mediese Store beskikbaar en geen van die openbare gesondheidsgeriewe het gesê hulle het nie voorraad beskikbaar nie.

Volgens haar het die ministerie nog nooit ’n standaard drie maande wagtydperk gehad vir enige persoon wat vir MIV getoets is nie.

Masabane sê dit is ’n wanindruk van die tradisionele ‘venstertydperk’ met inwoners wat dink elkeen wat negatief vir MIV getoets het, moet weer ná drie maande getoets word.

“Die huidige riglyne vir MIV-toetsing is baie duidelik. Sou iemand negatief vir MIV toets en nooit blootstelling aan risiko in die mees onlangse verlede gehad het nie, het hulle nie nog ’n toets nodig om hul MIV-negatiewe status te bevestig nie. Sou die persoon blootstelling aan risiko gehad het, ontvang hulle berading en word aangeraai om terug te keer vir ’n bevestigende toets ten minste vier tot ses weke vanaf die tyd wat hulle aan die risiko blootgestel is,” het sy verduidelik.

Dié riglyne is in lyn met die van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO).

Masabane sê die ministerie het ’n inisiatief begin, verskaffer-geïnisieerde toetsing en berading (PITC), wat aan elke pasiënt wat openbare gesondheidsgeriewe besoek die geleentheid bied om vir MIV getoets te word, ongeag vir die rede van hul besoek. Volgens Masabane is die doel om toetsdekking te verhoog en te verseker potensiële MIV-positiewe gevalle word identifiseer.

Sy sê Namibië se MIV-toetsdekking is “baie hoog”.

“Ons eerste 90% versnelde teiken is 95%, wat beteken 95% van mense met MIV is bewus van hul MIV-status,” sê sy.

Sy het beklemtoon die land moet daarop fokus om die klein gaping te sluit vir die land om epidemiese beheer te bereik.

“Met betrekking tot laasgenoemde kan ons nie voortgaan om soos gewoonlik sake te doen nie,” het sy gemaan.

Die PITC-benadering het volgens Masabane daarom verander om aan elke persoon wat gesondheidsgeriewe besoek, die keuse van MIV-toetsing te gee, in plaas van die vorige benadering om hoërisiko-groepe, soos onder meer swanger vroue, te prioritiseer.

Met verwysing na die benadering wat op kliënte of pasiënte fokus, sê Masabane dit is wanneer ’n persoon vrywillig na gesondheidsgeriewe gaan om vir MIV getoets te word.

“Dit is ’n programmatiese, strategiese verskuiwing wat deur ons programme en normale riglyne ondersteun word en het niks te doen met ’n tekort aan hulpbronne nie.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...