Misverstand glo rede vir onwettige houtoeste

!Naruseb ‘gaan bosbou regruk”

26 June 2019 | Omgewing
Catherine Sasman - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, sê daar was 'n misverstand oor wette wat gelei het tot die onwettige oes van groot hoeveelhede beskermde bome in die Zambezi- en twee Kavangostreke.

Mnr. Nico Smit van die Popular Democratic Movement (PDM) het vir !Naruseb gevra waarom sy ministerie honderde oespermitte sonder 'n voorgeskrewe omgewingklaringsertifikaat (ECC) uitgereik het.

!Naruseb het geantwoord dit “was nie baie duidelik” of die oespermit of die ECC eerste kom nie.

Hy het gesê toe dit onder die aandag van die ministerie gebring is dat die ECC eerste vereis word, is die uitreik van oeslisensies op 26 November verlede jaar opgeskort. Die landbouministerie en die ministerie van die omgewing en toerisme het 'n tydelike ooreenkoms aangegaan om die vervoer van die hout te laat voortgaan.

Die uitreik van vervoerlisensies van bome wat reeds geoes is, het op 8 Februarie verval en was tot 31 Maart geldig.

!Naruseb het gesê sy ministerie het oor die afgelope maande advies van rolspelers gevolg. Ook dat die ministeriel alles in sy mag sal doen om weer die dag-tot-dag-operasies te ondersoek om die bestuur en gebruik van die land se bosboubronne “te verbeter”.

Op Smit se vraag waarom houtoeste steeds op kommersiële skaal toegelaat word, ondanks "skokkende" oortredings, het !Naruseb benadruk die oes word ingevolge die bosbouwet van 2001 goedgekeur. Dit nadat 'n bosbou-inventaris onderneem is en die oorhoofse hulpbron bepaal hoeveel hout geoes mag word.

!Naruseb het gesê 'n deurlopende hulpbronassessering is onlangs in die Zambezistreek begin.

“Gebaseer op die beskikbare hulpbronne, sal ons alles moontlik doen om navorsingstudies uit te voer en alle nodige inligting te kry vir bosboubestuurders om toepaslike, volledige programme uit te voer," het !Naruseb gesê.

Hy het gesê 250 bome vir saaghout per 2 500 hektaar per jaar kan in die noordoostelike streke geoes word sonder om 'n “ernstige” omgewingsprobleem te skep.

!Naruseb het erken dit neem die meeste bome wat kommersieel geoes word, meer as 100 jaar om volgroeid te raak.

Op die vraag hoe die landbouministerie beplan om die reeds geoeste bome te vervang, het die minister gesê sy ministerie implementeer boomplant- en bosboubewaringsprogramme oraloor die land.

Hy het gesê dit is die verantwoordelikheid van die gemeenskappe wat die grond gebruik om nie meer bome oor 'n gegewe tydperk te oes totdat jong bome gegroei en ten volle natuurlik herstel het nie.

!Naruseb het gesê die landbouministerie sal toesien dat geen permit uitgereik word sonder om te verifieer dat daar voldoende hulpbronne vir oes is nie.

Hy het gesê die gebruik van woude is nie altyd 'n slegte ding nie mits dit op 'n volhoubare manier gedoen word, en dat baie mense in landelike Afrika vir oorlewing van hierdie hulpbronne afhanklik is.

Smit wou ook weet of die bosboudirektoraat in die landbouministerie nie na die omgewingsministerie moet skuif nie. Daarop het !Naruseb geantwoord dit is uitsluitlik president Hage Geingob se reg om dit te doen.

Onwettige oes, vervoer duur voort

Ondanks verstrykte sperdatums is die onwettige oes en vervoer van hout aan die relevante owerhede gerapporteer, maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

'n Vragmotor met hout, met die registrasiemerke 7580 UP, is op 22 Junie by die Hakahana-vulstasie op Otjiwarongo gesien. Foto's is op die ministerie van die omgewing en toerisme se WhatsApp-groep gedeel.

Die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gister gesê volgens die departement van omgewingsake het hulle “nie van die vragmotor gehoor nie”.

Muyunda het gesê dit is nie die departement se verantwoordelikheid om die vragmotor te volg nie.

“Dit is die polisie se plig. Die vraag is: Hoe het die vragmotor deur al die padblokkades gegaan - tensy dit die nodige dokumentasie gehad het?”

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

11 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

11 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

11 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

11 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

11 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...