Minstens twee sterf in bomaanval in Nigeriese moskee
Owerhede sê Boko Haram is so te sê verslaan, maar aanvalle duur voort.
Minstens twee mense het gesterf in vermoedelik 'n selfmoordbomaanval op 'n universiteitskampus in die noordooste van Nigerië.
Die ontploffing het gister omstreeks 05:25 by 'n moskee in die personeelkwartiere van die universiteit van Maiduguri plaasgevind en is vermoedelik deur 'n tienermeisie uitgevoer.
Die Islamitiese groep, Boko Haram, wat gereeld jong vrouens en meisies as menslike bomme gebruik om aanbidders te teiken, word van die aanval verdink.
Berigte oor nog 'n afsonderlike ontploffing is ontvang, maar meer inligting is nie beskikbaar nie.
Dertien aanbidders wat in die moskee was, is in die voorval beseer.
Toegang tot die universiteit se kampus word streng beheer met deursoekpunte by al die hekke. Maar die toneel van die bomontploffing op een van die hoofroetes in en uit die stad, is groot en swak verlig.
Minstens 20 000 mense is reeds in geweldpleging in Nigerië dood sedert die konflik in 2006 begin het en meer as 2,6 miljoen mense is haweloos gelaat.
Nigerië hou vol dat die insurgensie in sy doodsnikke is.
Die regering het verlede maand gesê hy het Boko Haram-vegters uit hul vesting in die Sambisa-woud in die Borno-staat, waarvan Maiduguri die hoofstad is, verdryf.
Daar is egter geen einde aan die aanvalle op sowel troepe as burgerlikes nie. Op 8 Januarie het vyf soldate gesterf toe rebelle hul basis in Buni Yadi, in die naburige staat, Yobe, aangeval het.
Die volgende dag het selfmoordbomaanvallers die lewens van drie mense in Maiduguri geëis.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie