Minnie Driver breek bande met Oxfam
Die Britse aktrise Minnie Driver is die eerste beroemde persoon wat bedank het as ambassadeur van Oxfam weens die seksskandaal waarin dié liefdadigheidsorganisasie betrokke is.
CNN berig Driver wat onder meer in “Good Will Hunting” gespeel het, sê sy is met afgryse vervul oor die bewerings dat van Oxfam se werkers seks met prostitute in rampgeteisterde lande soos Tsjad en Haïti gehad het.
Van die organisasie se korporatiewe borge soos Sainsbury's, Visa en M&S het ook hul kommer oor die bewerings uitgespreek.
“Ek is niks minder as gewalg deur die bewerings teen Oxfam nie,” het Driver aan The Telegraph gesê.
Die aktrise sê sy het Oxfam vir 20 jaar ondersteun, maar sy sal nie toelaat dat die foute van een organisasie haar verhoed om mense wêreldwyd te help nie.
Oxfam is in die spervuur ná aantygings dat Oxfam bevindings van 'n ondersoek na die beweerde gebruik van prostitute deur sy werkers probeer toesmeer het, berig die BBC News. Die betrokke werkers het in 2011 noodlenigingswerk in Haïti gedoen ná 'n verwoestende aardbewing die vorige jaar.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie