Minnaar pleit skuldig in Gobabis-moordverhoor
Minnaar pleit skuldig in Gobabis-moordverhoor

Minnaar pleit skuldig in Gobabis-moordverhoor

Die staat het gister die pleit van 'n beskuldigde verwerp in die verhoor waarin hy en sy vriendin van haar man se moord beskuldig word.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Mnr. Rhyno du Preez (33) se pleit is gister deur die staat in die hoërhof in Windhoek verwerp.

Du Preez is me. Rachel Rittmann (46) se kêrel en staan saam met haar tereg op die moord van haar man.

Du Preez se regsverteenwoordiger, mnr. Boris Isaacks, het Maandag aangedui dat sy kliënt skuldig wil pleit op drie van die vier klagte teen hom.

Isaacs het regter Christie Liebenberg Maandag meegedeel dat hy sy kliënt se pleitverduideliking, waarin hy skuldig pleit op klagte van moord, sameswering tot moord en dwarsboming van die gereg, gister aan die hof sou voorlees.

Die staat se regsverteenwoordigers, mnr. Marthino Olivier en me. Ethel Ndlovu, het egter gister die hof meegedeel dat hulle Du Preez se pleit verwerp.

Mnr. Hipura Ujaha, wat namens Rittmann optree, het regter Liebenberg Maandag meegedeel dat Du Preez se konseppleitverduideliking sy kliënt onder verdenking bring.

Ujaha het gister aangedui dat Rittmann aan angsaanvalle en depressie ly en dat hy 'n aansoek in terme van artikel 77 van die strafproseswet wil bring om haar ongeskik te verklaar om verhoor te word.

Behalwe vir die klagte van moord, sameswering met die doel om moord te pleeg en dwarsboming van die gereg, staan Rittmann en Du Preez ook tereg op 'n klag van roof met ver­swarende omstandighede.

Die staat voer aan dat die twee, wat na bewering in 'n buite-egtelike verhouding betrokke was, Rittmann se man, mnr. Rudolph Rittmann (34), op 23 Augustus 2013 in Gobabis met 'n mes doodgesteek het en hom van sy selfoon, beursie met bankkaarte en sy Isuzu-bakkie beroof het.

Die motief vir die moord was vermoedelik dat Rittmann verwag het om 'n erfporsie van haar man te kry.

Die klag van dwarsboming van die gereg spruit daaruit dat die beskuldigdes Rudolph se liggaam na bewering in sy eie motor gelaai het en na 'n area oos van Windhoek naby Kapps Farm gery het waar die motor uitgebrand gevind is.

Die aansoek in verband met Rittmann se geskiktheid vir verhoor sal môre aangehoor word. Intussen bly beide beskuldigdes in aanhouding.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!