Ministerie vrees vergelding oor olifantverkope
Ministerie vrees vergelding oor olifantverkope

Ministerie vrees vergelding oor olifantverkope

Geen inligting gaan bekend gemaak word oor bieërs of die lande waarheen die diere uitgevoer word, alvorens die proses nie afgehandel is nie.
Sanet de Waal
Ellanie Smit

’n Jaar nadat die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ’n tender aangekondig het vir die opveiling van 170 Namibiese olifante, sê die ministerie die bie- en vangproses van die 57 olifante wat uiteindelik verkoop is, is amper voltooi.

Die ministerie het egter gesê geen inligting gaan bekend gemaak word rakende die bieërs of na watter lande die olifante uitgevoer gaan word nie. Dit uit vrees dat dit die proses kan kniehalter.

“Die ministerie is nie in ’n posisie om in hierdie stadium besonderhede oor die veiling bekend te maak nie. Ons sal die besonderhede verskaf op ’n gepaste tyd en wanneer die hele proses voltooi is,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, gesê.

Bespiegelinge is volop dat Namibië die olifante na ’n sekere dieretuin in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gaan uitvoer, terwyl gerugte verlede week die ronde gedoen het dat meer as 20 olifante gevang en by ’n private wildreservaat gehou word.

Muyunda het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê dié keer wil die ministerie nie enige name van plekke of persone, bieërs of selfs die lande waarheen die olifante uitgevoer word, bekend maak nie uit vrees vir vergelding van diereregtegroepe.

Hy sê weens die omstredenheid wat die olifantveiling sedert die begin oorskadu, vrees die ministerie dié wat betrokke is, kan geteiken word en die proses so belemmer dat bieërs selfs onttrek.

“Dis waarom die besluit geneem is om inligting net bekend te maak wanneer die hele proses gefinaliseer is.” Die verkoop van die olifante het wyd reaksie uitgelok, met aanlyn versoekskrifte wat gevra het dit moet gekanselleer word en omgewingsbewaarders wat ook daarteen gekant is.

Ten spyte hiervan het die ministerie met die veiling voortgegaan en 57 olifante vir N$5,9 miljoen verkoop. Verskeie klagtes is deur bewaringsgroepe by die Konvensie vir Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) ingedien met bewering dat Namibië nie internasionale wette gehoorsaam nie. Volgens ’n ondersoek deur die Amerikaanse welsynsorganisasie, Animal Survival International (ASI), sal die olifante, insluitend kalfies, waarskynlik na dieretuine en safariparke in die Midde-Ooste gestuur word.

Die Al Ain-dieretuin in die VAE het bevestig die dieretuin verwag olifante vroeg aanstaande jaar, maar het nie die olifante se oorsprong aangedui nie. Vorige olifantuitvoere na die VAE het ’n kwarantyntydperk van vyf maande vereis. The Pro Elephant Network (PREN), het gesê verskeie olifant-familiegroepe is reeds in Namibië gevang en is in kwarantyn, gereed vir uitvoer. Die organisasie sê dié olifante sal na alle waarskynlikheid na die VAE uitgevoer word, met ’n Suid-Afrikaanse wildlewe-handelaar wat betrokke is.

“Die VAE het nie ’n in-situ bevolking van olifante nie. Die land het reeds wilde olifante van Namibië ingevoer wat in aanhouding gehou word.” ’n Suid-Afrikaanse regsfirma vir omgewingsreg, Cullinan and Associates, wil glo ook ’n regsaksie begin.

Die ministerie het die 170 olifante aan die begin van Desember verlede jaar te koop aangebied en het die bieproses op 29 Januarie gesluit. In Augustus 2020 is bekend gemaak dat 57 olifante gevang gaan word om aan onbekende bieërs te verkoop, met 42 olifante wat uitgevoer sal word.

Die olifante is van die Omatjetje-gebied (30), die Kamanjab-kommersiële boerderygebied (50), die Grootfontein-Kavango-beesplaasgebiede (60), sowel as die Grootfontein-Tsumkwe-gebied (30). – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39%