Ministerie swyg oor visvangregte
Ministerie swyg oor visvangregte

Ministerie swyg oor visvangregte

Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne is tjoepstil oor die moontlikheid om die sperdatum te verleng en vereistes te verslap.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne versuim tot dusver om te bevestig of die sperdatum vir aansoeke om visvangregte verleng sal word of nie.

Dít volg op ’n WhatsApp-boodskap wat versprei word wat glo ’n brief hieroor insluit, asook ’n ontwerp vir die nodige regeringskennisgewing.

Só ’n kennisgewing sou van krag wees ná dit in die Staatskoerant gepubliseer is.

Die brief is na wat verneem word deur die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, onderteken en is aan die minister van justisie gerig om te versoek dat die kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer word.

Die datum op die brief is 4 Julie, en daarin word die aanpassing aan kennisgewing nommer 92 van 24 Maart 2018 versoek, waarin die sperdatum genoem word.

Indien dié brief en die inhoud daarvan eg is, sal die nuwe sperdatum vir aansoeke 31 Augustus wees.

Sekere Namibiese burgers sal ook nie meer uitgesluit wees daarvan om aansoek om visvangregte te doen nie – anders as minister Esau se aanvanklike vereistes.

Maatskappye wat nie as “Edms.” geregistreer is nie, kan ook nou aansoek doen, sowel as trustfondse.

Alle aansoeke wat op dié manier gedoen word en goedgekeur word, sal as ’n Edms.-maatskappy moet registreer, met duidelike uiteensetting van aandeelhouding alvorens regte aan hulle toegeken sal word – aldus die nuwe kennisgewing.

’n Plaaslike dagblad het reeds vandeesweek berig oor die inhoud van die brief en die voorgestelde kennisgewing, terwyl minder aansoekers sedert laat verlede week die kantoor van die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) besoek het, waar maatskappye geregistreer word.

Vantevore het die toename in aansoeke vir die jong staatsonderneming probleme veroorsaak.

Volgens Bipa se woordvoerder, mnr. Ockert Jansen, het die minister se vereiste dat aansoeke om visvangregte slegs deur geregistreerde maatskappye gedoen kan word, groot druk vir die owerheid se registrasiebeamptes veroorsaak, asook klein vertragings in hul werk.

“Bipa wil dit dus duidelik stel dat beweringe wat daarop dui dat ons aansoeke doelbewus vertraag, vals en van alle waarheid ontbloot is,” het Jansen verlede Donderdag in ’n nuusverklaring gesê.

Volgens hom het Bipa verlede maand reeds beamptes van hul Katutura-tak af na hul hoofkantoor in Windhoek oorgeplaas om hul mannekrag te versterk.

Meer kassiere en konsultante is na die hoofkantoor uitgeplaas en die aansoekstelsel is verbeter om die groter aanvraag te hanteer.

Jansen het statistiek gedeel wat toon hoe sake by Bipa verdubbel het, met 1 866 aansoeke wat in die eerste twee weke van Mei ontvang is in vergelyking met 3 515 in die eerste twee weke van Junie.

Die volledige getal aansoeke vir maatskappyregistrasie of die aanpassing van bestaande maatskappye vir Mei vegeleke met Junie is 3 391 teenoor 5 893.

“Bipa verwag die persentasieverhoging in aansoeke sal verder styg soos ons nader aan die sperdatum van 31 Julie vorder, hoewel ons belanghebbers ingelig het ons eie sperdatum is 20 Julie 2018. Dít om genoeg tyd vir prosessering van dié aansoeke te verseker,” het Jansen gesê.

Hy het gesê daar is te veel foutiewe aansoeke, wat tyd mors. Aansoeke wat verkeerd voltooi is, neem langer – veral wanneer hulle namens aansoekers deur privaat konsultante ingedien is.

Op Woensdag 4 Julie alleen moes Bipa 42 aansoeke terugstuur wat verkeerd ingevul is of onvoltooid was, het Jansen gesê.

Nie almal is tevrede met die huidige benadering tot die toekenning van visvangregte nie.

Mnr. Tangeni Iijambo, president van Swanu, sê enkele “elite” burgers en selfs buitelanders baat nou al ’n geruime tyd by visvangregte.

“Vir almal om voordeel te trek en te voel dat ons mariene hulpbronne aan almal behoort, moet viskwotas aan al 14 streke in die land toegeken word,” sê hy.

Die streke moet verseker inkomste uit dié regte word met verskeie kiesafdelings gedeel, sodat spesifieke behoeftes aangespreek word en onderwys landswyd bevorder word, het Iijambo gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23%