Ministerie streef na beter kliu00ebntediens
Ministerie streef na beter kliu00ebntediens

Ministerie streef na beter kliëntediens

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee

Om hul diensverskaffing te verbeter het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur op 27 Februarie hul nuwe kliëntediens-handves bekend gemaak.

Die handves het ten doel om aan die publiek se behoeftes te voldoen en beleide in werking te stel.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, Katrina Hanse-Himarwa, het die handves opgestel en die belangrikheid daarvan beklemtoon.

“Ons belangrikste mikpunt is die toeganklike, billike en inklusiewe verskaffing van hoë gehalte onderwys, met die einddoel om die ontwikkeling van ons burgers te bevorder,” het sy gesê.

“Dit kan bereik word deur hoë gehalte kliëntediens.”

Om aanspreeklikheid te verseker het elke direktoraat hul eie kliëntediens-handves wat op pamflette gedruk is, sodat kliënte ook toegang daartoe kan hê.

“Ek beskou die kliëntediens-handves as ’n betekenisvolle mylpaal, omdat dit die funksies van al die kantore in die ministerie sal integreer, en sal verseker dat ons kliënte ingelig is oor ons programme en dienste,” het sy gesê.

Hanse-Himarwa het verder belowe dat dié handves, asook elke direktoraat-handves op die ministerie se webwerf beskikbaar sal wees, en dat kopieë daarvan na al 14 streekkantore gestuur sal word.

Die minister het die kantoor van die eerste minister bedank vir hul leiding in die ontwikkeling van die handves.

“Ek doen ’n ernstige beroep op al die werknemers by die ministerie van onderwys, kuns en kultuur om by hul waarborg te hou en om ons bedrywighede op alle vlakke te dryf met die doel om die beste diens moontlik, so spoedig as moontlik aan ons kliënte te verskaf."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!