Ministerie skors dokter  nu00e1 skokkende bevalling
Ministerie skors dokter nu00e1 skokkende bevalling

Ministerie skors dokter ná skokkende bevalling

Die gesondheidsministerie doen stappe om seker te maak die jong ma wie se baba tydens geboorte onthoof is, kry berading.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die dokter wat aan diens was tydens 'n normale bevalling in die Windhoek Sentrale ­Hospitaal toe 'n babadogtertjie onthoof is, is met onmiddellike effek geskors.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, is dit om die weg vir 'n ongehinderde en deursigtige ondersoek te baan.

'n Span kundiges is ook deur die ­ministerie opdrag gegee om die ­“tragiese, ongelukkige en betreurenswaardige voorval te ondersoek waartydens 'n fetus tydens 'n vakuumgesteunde bevalling onthoof is”.

Twee adjunk- ­uitvoerende direkteurs in die ministerie is ook aangewys om na Walvisbaai te reis waar die pasiënt woon om enige mediese rekords van haar te bestudeer en seker te maak die ondersoek geskied op 'n “doeltreffende en deursigte wyse”.

Volgens Nangombe is alle relevante personeel reeds genader en is verslae van personeel aan diens ontvang.

Al die nodige patologiese toetse word ook uitgevoer en mediese rekords is ontvang om met die ondersoek te help.

Hy het die versekering gegee die ministerie sal “geen steen onaangeraak laat” om uit te vind wat presies gebeur het nie.

Nangombe het ook sy en die ministerie se opregte simpatie met die “getraumatiseerde en treurende ma, haar familie en vriende, asook 'n geskokte Namibiese nasie” betuig.

Intussen trek die ma van die baba­dogtertjie sielkundig uiters swaar.

Volgens 'n familievriend word die 24-jarige vrou geteister deur nagmerries waarin sy haar koplose dogtertjie vashou.

“Sy kry geweldig swaar. Sielkundig gaan dit baie sleg. Sy moet sou gou as moontlik sielkundige behandeling kry,” het die familievriend gesê.

Volgens hom kla die vrou ook oor haar wond en dat dit pynlik is.

Sy het vroeër in 'n onderhoud met Republikein gesê sy is pynmedikasie en antibiotika gegee en ontslaan, sonder dat die wond op die dag van haar ontslag skoongemaak is.

Sy is ook opdrag gegee om op 16 Desember na die hospitaal vir nuwe wondbedekking terug te keer. Volgens die familievriend wil sy egter glad nie vir mediese of sielkundige hulp na die Sentrale Hospitaal terugkeer nie.

Hy het ook gesê Nangombe het hom Maandag gekontak.

“Hy het gesê hy is nou bewus van die voorval, sal alles aanvra en na ons toe terugkom sodra hy konkrete bewyse het.”

Volgens die familievriend het hy en die vrou vandag 'n afspraak met 'n private regsfirma wat bereid is om hulle te help.

Op 'n vraag oor wanneer die ­dogtertjie begrawe word, het die familievriend gesê “daar is sprake van onkoste” en enige hulp in die verband sal verwelkom word”.

“Ons het gehoop vir Saterdag, maar daar is die kwessie van onkoste. Enige hulp sal waardeer word.”

Intussen het me. Johanna Nghi­shekwa, senior bestuurder vir regsdienste by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA), gesê daar is prosedures in plek om beweringe van onbehoorlike of wangedrag te ondersoek.

“Elke raad wat onder die HPCNA val (in dié geval die Mediese en Tandheelkundige Raad) het 'n komitee van ondersoek. Na afloop van die ondersoek finaliseer die komitee die bevindinge oor wat gedoen moet word. Die wet (op mediese en tandheelkundige beroepe van 1993) maak voorsiening vir strawwe wat afhang van die erns van die beweerde nalatigheid,” het Nghishekwa verduidelik.

Mnr. Bradley Khoa, verbonde aan die Regshulpsentrum (LAC), het op sy beurt gesê lede van die publiek wat deur beweerde mediese nalatigheid geraak word, is welkom om die sentrum vir raad en moontlike vervolging te nader. Die LAC het in die verlede verskeie skadevergoedingseise teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) hanteer.

Die artikel in gister se Republikein het wyd reaksie uitgelok, met ver­skeie lesers wat in die sosiale media hul ervaringe en frustrasie met die staat se gesondheidsdienste in veral staatshospitale gedeel het.

Johan Beyers het dit as 'n “uiters tragiese geval” beskryf wat aan die “absolute onbekwaamheid van die betrokke geneesheer” toegeskryf kan word.

Amanda Stegemann het gesê “sulke dokters gee die professie 'n swak naam”.

Bernadette Gaeses het gesê dit is “baie gruwelik en onmenslik. Nie almal ken die regte kanale om te volg nie en los maar alles netso en bly met sielkundige merke op die harte,” het sy op Facebook geskryf.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!