Ministerie sê oor babalykie in boks

Sal moontlik herbegrawe word

13 January 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is gewillig om in oorleg met die familie van 'n doodgebore baba wat na bewering in 'n boks in die Noorde begrawe is, die oorskot op te grawe en dit 'n waardige begrafnis te gee.

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het gereageer op 'n video wat wyd op sosiale media versprei het oor die beweerde sterfte en begrafnis van 'n baba in 'n boks by die Katolieke hospitaal op Oshikuku.

Volgens Nangombe is die baba op 31 Desember in die betrokke hospitaal doodgebore.

Die video wys die beweerde hantering van die baba se lykie wat glo deur hospitaalwerkers aan die ouers oorhandig is om begrawe te word. Dit wys ook 'n man wat 'n graf grawe. Die video kan moontlik op 8 Januarie geneem gewees het.

Volgens Nangombe het 'n Angolese vrou wat in Namibië woon by die Oshikuku Katolieke hospitaal aangedoen en gesê sy voel geen beweging van haar baba nie. Sy was 32 weke swanger en tydens 'n ondersoek is geen hartklop gevind nie.

Die vrou is geïnduseer en die baba is doodgebore. Die suster in beheer van die kraamsaal het aan die vrou die prosedures verduidelik wat in so 'n geval gevolg word. Dit behels dat die ma met haar ontslag uit die hospitaal moet besluit of die baba veras of begrawe moet word.

Die vrou het volgens Nangombe ingevolge kulturele gebruik gekies om die baba te laat begrawe.

Die liggaam is na die lykhuis van die hospitaal geneem om die familie die kans te gun om die nodige begrafnisreëlings te tref.

Op 3 Januarie het die ma en haar broer die liggaam by die lykhuis kom opeis, maar is aangesê om 'n kis te bring. Hul antwoord was egter dat hulle nie geld vir 'n kis het nie.

“Hulle het vir 'n kartonboks gevra om die liggaam in te sit. Die lykshuisbeampte het hulle ingelig om na die kraamsaal te gaan vir 'n verduideliking oor die korrekte prosedures vir die eis en hantering van die liggaam,” het Nangombe verduidelik.

Volgens hom is die man in die video wat die boks dra, die ma se broer.

“Hy het aan owerhede gesê daar was 'n man wat die video geneem het terwyl hy onderweg na die begraafplaas was.”

Nangombe het beklemtoon die ministerie voldoen aan die wetlike voorsiening wat vir die hantering van oorskot gemaak word.

“Waar 'n familie nie in staat is om 'n begrafnis te betaal nie, word voorsiening gemaak dat die persoon of oorskot as 'n armlastige begrawe word. Voorsiening word hiervoor in die wette van plaaslike owerhede gemaak en dit is 'n praktyk wat van tyd tot tyd met die toestemming van die minister van gesondheid en in ooreenstemming met plaaslike owerhede plaasvind,” het Nangombe verduidelik.

Hy het gemaan die lykhuis se oorhandiging van menslike oorskot in 'n kartonboks is teen die gevestigde praktyk van die ministerie en die regsvereistes.

Nangombe het 'n beroep gedoen vir inligting oor die identiteit van die persone wat die video geneem het, om die volle besonderhede te kry van wat presies gebeur het.

[email protected]

FOTO
’n Skermgreep uit die video waar die moeder se broer saam met nog ’n persoon in die rigting van die begraafplaas beweeg.

Soortgelyk

 

Nege sterftes, 307 nuwe gevalle

11 ure gelede | Gesondheid

Nege nuwe Covid-19-verwante sterftes het die getal vir Namibië sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie in Maart verlede tot 328 opgestoot. Dit sluit vier in...

Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het

13 ure gelede | Howe

Regter Collins Parker sal op 15 Februarie 2021 uitspraak lewer in die teenaansoek deur die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) teen Shoprite...

Eloïse bring dalk storms

17 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die tropiese depressie, of dit wat oorgebly het van wat aanvanklik sikloon Eloïse was, kan vanaf môre vir kwaai storms in Namibië...

Swakoppoortdam loop oor

1 dag gelede | Weer

Die Swakoppoortdam, een van die drie damme wat ook vir Windhoek van water voorsien, het gister begin oorloop. Volgens die NamWater se damverslag van gister...

Voorvaderlike eise: Alle grond benut

1 dag gelede |

Mathias Haufiku en Ogone TlhageDaar is tans geen oop grond in Namibië beskikbaar nie aangesien alles benut word. Die Kommissie van Ondersoek na Voorvaderlike Grondregte...

Woestynrivier laat lóóp

1 dag gelede | Weer

Mnr. Joseph Kafunda het Sondag die Kuisebrivier in volle vloed by die Kuiseb-brug op die C14-pad afgeneem. Sy foto’s is op die Facebook-blad, Reën in...

Noorde: Té nat én té droog

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl boere in Namibië se Mieliedriehoek reeds drie weke lank wag dat die reën hulle net ’n paar dae kans moet gee...

Making the art of painting look easy

1 dag gelede | Mense

Enzo AmueleBorn in the early ’90s, the cool and calm Nambowa Malua has been drawing since he was a child and has made art look...

Shoprite steeds in die hof

1 dag gelede | Arbeid

Augetto Graig en Elvira HattinghDie staking by Shoprite is ná meer as ’n maand verby, maar die hofgeveg wat daaruit gespruit het, woed opnuut vanoggend...