Ministerie ondersteun jeugprojekte
Ministerie ondersteun jeugprojekte

Ministerie ondersteun jeugprojekte

Maria Eiseb
Maria Eiseb



Die ministerie van sport, jeug en nasionale diens het onlangs in Windhoek bekend gemaak dat dit sowat 121 jeugprojekte gaan ondersteun.

Dié projekte gaan deur jongmense behartig word wat opleiding by die Nasionale Jeugdiens op Rietfontein ontvang het.

Volgens die permanente sekretaris, mnr. Alfred Ilukena, wil die ministerie die projekte ondersteun sodat die jeug finan­sieel daarby kan baat.

Geld daarvoor was bedoel vir die land se 14 kiesafdelings, maar slegs nege kon gehelp word.

Tydens dieselfde geleentheid het die minister van jeug, sport en nasionale diens, mnr. Jerry Ekandjo, gesê die ministerie wil graag hê jongmense oral oor die land moet deel wees van dié ontwikkeling. Volgens Ekandjo moet raads­lede bereid wees om 'n pad met die jongmense te stap, en die jeug moenie huiwer om hulp by hulle te vra nie.

Hy het die jongmense ook versoek om hul volle samewerking aan raadslede te gee.

Die direkteur van die ministerie, dr. Inaani Kahikuata, sê verskillende projekte is gekies waarby hulle betrokke sal raak.

In die Erongostreek in die Dâures-­kiesafdeling sal 'n tuinbouprojek aangepak word.

In die Hardapstreek sal 'n maasdraadprojek van stapel gestuur word.

In die Khomasstreek sal die jongmense 'n groentetuin aanlê, het hy bygevoeg. In die Kunenestreek sal stene gemaak word.

In die Kavango-Oosstreek sal die jongmense ook 'n groentetuin bou en 'n hoenderboerdery begin, het Ilukena gesê.

In die Omusatistreek sal 'n diensstasie opgerig word om motors in die streek te diens.

Die Otjozondjupastreek sal 'n bakkery opgerig word en dit sal “Harambee” genoem word.

In die Ohangwenastreek sal die jongmense sweiswerk doen om maatskappye in dié streek van staal te voorsien, het Ilukena gesê.

Ilukena het aan die einde van die byeenkoms gesê hy hoop almal bereik sukses.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!