Ministerie moet duisende opdok nu00e1 vrou se dood
Ministerie moet duisende opdok nu00e1 vrou se dood

Ministerie moet duisende opdok ná vrou se dood

'n Veldwagter het aanvanklik N$2,7 miljoen ná die dood van sy dogter geëis.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste moet honderde duisende dollar in skadevergoeding opdok ná die dood van 'n vrou wat onder meer aan bloedverlies dood is.

Die N$400 000 moet voor 31 Mei vanjaar uitbetaal word aan 'n ­veldwagter wat op Sesfontein gestasioneer is.

Mnr. Jan Awaseb het die ministerie en 'n manlike verpleër op Sesfontein, mnr. Ivan Gamaseb, aanvanklik vir N$2,7 miljoen gedagvaar.

Volgens Awaseb was hy die wettige voog van sy oorlede dogter, me. Leonora Ganases Mushaukwa.

Awaseb sê in hofstukke Leonora het op 15 Oktober 2018 terwyl sy reeds nege maande swanger was, met kraampyne by die Sesfontein-kliniek om hulp aangeklop waar Gamaseb aan diens was.

Hy het haar na 'n kamer gebring om ­geboorte te skenk, terwyl hy aan familielede wat haar vergesel het, opdrag gegee het om haar te monitor.

Hulle moes hom net roep as sy gereed was “om te druk”.

Volgens die hofstukke is Leonora deur geen mediese personeel ondersoek of ­gemonitor nie. Sy het op 16 Oktober ­omstreeks 24:00 geboorte geskenk.

Weer het Gamaseb haar nie ­gemonitor en onder­soek nie, ondanks die feit dat sy geweldig gebloei het en dat haar ­plasenta nog in haar was. Gamaseb het Leonora ten spyte hiervan eers vier ure later na die Opuwo-distrikshospitaal vir mediese ingryping geneem.

Sy verklaring sê ook tydens die rit van 150 km na Opuwo is Leonora alleen agter in die ambulans gelaat en is sy nooit ­gemonitor nie. Sy is dood voordat hulle die hospitaal op Opuwo bereik het.

Haar dood is volgens hofstukke veroorsaak deur sekondêre ­hipovolemiese skok weens nageboortelike bloeding wat deur die plasenta veroorsaak is.

Volgens Awaseb moet hy nou na die baba, sowel as die res van Leonora se minderjarige kinders omsien. In sy hoedanigheid as pa van die oorledene, het hy N$900 000 vir emosionele skok en trauma, N$500 000 vir “ongemak en ongerief”, sowel as N$1,3 miljoen vir huidige en toekomstige finansiële uitgawes geëis. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!