Ministerie maak bankrekening vir weerloses oop
Maria Eiseb
Die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, het onthul dat die ministerie saam met die kantoor van die president 'n bankrekening vir skenkings van belanghebbers en individue oopgemaak het.
Volgens Biskop Kameeta is die rekening oopgemaak om weerloses te ondersteun en om hul armoede te help verlig.
Hy het gesê met dié skenkings word beoog om leerlinge en hul ouers van skooluniforms en komberse te voorsien sodat leerlinge gemotiveerd sal wees om met hul skoolloopbaan deur te druk.
Die bou van 'n huis vir haweloses word ook beoog. Biskop Kameeta het verder gesê hulle wil graag gemeenskapsprojekte soos agterplaastuine ondersteun. Finansiële ondersteuning vir geliefdes se begrafnisse word beoog, asook die bou en verbetering van toiletgeriewe en watertoevoer in sekere gemeenskappe.
Kameeta het gesê die rekening sal nie gebruik word om kontant aan gemeenskappe te gee nie, maar eerder vir die betaling van items of dienste.
Geen lenings sal uit dié rekening toegestaan word nie, het hy gesê.
Die minister sal van state vir elke finansiële jaar voorsien word.
Kameeta sê belanghebbers en individue wat 'n donasie wil maak, kan die kantoor van die permanente sekretaris besoek vir die rekening se besonderhede.
“Items is ook welkom,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie